Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Mogoeng

Die berig oor hoofregter Mogoeng Mogoeng (15.03) het betrekking. Ek staan 100% agter hom. God self sê in Genesis 3 dié wat Israel vervloek, sal self vervloek word. Ek doen ’n beroep op alle Christene om vir die hoofregter te bid dat hy by sy siening sal bly staan. Regter, bly by jou standpunt. God sal jou beloon. As dit nie hier is nie, dan in die hemel. – Leser

Sterkte aan Mogoeng Mogoeng. Mense wat jou aanval, wys hul ware kleure. Jy inspireer. – Piet, Fochville

Mag niemand meer in die openbaar sê dat hulle pro-Israel is nie? – Leser, Pretoria

Hoofregter Mogoeng Mogoeng, jy wys jou ware geloof deur nie om verskoning te vra vir jou uitspraak nie. Ek ondersteun jou ten volle. – Harrie, Musina

Ek sien die DA se mevrou Mazzone is nou ’n Italiaanse ridder wat gaan veg vir vroueregte. Nou wonder ek waar die ridder Mazzone was toe haar party die juffrou van Schweizer-Reneke so onregverdig van rassisme beskuldig het? – Andries Beyers, Pretoria

Ai! Lyk my Estina se geld brand in Ace se gatsak noudat hy so vrygewig is met die studente! – Johanna

ANC moet ontslae raak van diewe? Haha, dit sal nooit gebeur nie. Die Zondo-kommissie se bevindings moet eers in die hof bewys word. Wat ook nooit gaan gebeur nie. Sover is geen ANC-kader of Gupta-samesweerders nog aangekla nie. – Stel

Maar dan gaan daar niemand oorbly nie! – Hennie Scholtz

In die ANC werk dit so: Jy mag nie steel nie, maar as jy ’n skaap steel, soek ek die boud. – Johnny Thompson

Hoe is dit moontlik dat ANC-ministers miljoene aan huurgeld skuld? Gewone mense het nie daardie byvoordeel nie. – Janet, Secunda

Hulle betaal vir niks nie, hul kiesers betaal vir niks nie. Dis lekker in SA, alles is gratis! – Tweede Opinie

In Windhoek (Namibië) het die stad se munisipaliteit nou begin om ministeries wat agterstallig is met hul munisipale rekenings, se krag en in sommige gevalle water, af te sny. – Paul Brits

Wat het van die US, eens die bakermat van Afrikaans, geword om nou so vyandig teenoor die taal te wees? – Hans Retief, Pretoria

Prophet-CD

Jolen se SMS het betrekking: Net soos wat ’n mens nooit moet veralgemeen as jy swakhede van die SA polisie uitwys nie, net so kan jy nie veralgemeen as jy hul goeie diens salueer nie. Te veel vrot appels tussen hulle wat dit glad nie verdien nie. – Gerhard Visser, Christiana

“My Octopus Teacher by Oscars” (15.03). Hierdie wonderlike fliek verdien ’n Oscar. – Anna-Marie Alkema

“Mooi, soos die son wat wegsak in besoedelde lug” (03.13) deur Jaco Strydom. Prophet, dié beste! Ek het nog hul eerste CD Ban Hom uit die Sinagoge. En natuurlik die grootste Afrikaanse gospel-treffer “Houtkruis”. Dankie Koos en Theo! – Lukie Carelse

Ek hou hiervan. Goed gestel. Hierdie poster kan ook maklik in my sitkamer hang. – Mike Angelo

“Mense die josie in oor spotprent” (15.03). Die ironie is egter dat me. Markle haar ontwerperskoene vierkant op sekere dele van haar man en sy familie se anatomie het. – Vinnie Vega

Beslis swak smaak. – Minette van Schalkwyk

Absoluut briljant. En die harige bene van die antie koningin. Funny! – Stofgrof van der Woef

Wie drink nog Coca-Cola? Ek vra namens ’n vriend. – Q.D., Vereeniging

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.