
Jan van Riebeeck
Ek stem saam met Johanna van Eeden. Baie studente dink dat as hulle ’n nuttelose graad het, hulle werk gaan kry. Universiteite, banke en die staat wat studente borg of beurse toeken vir verdere studie, moet eerder studente laat toets en help om die regte studierigting te volg. Dit moenie net werkskeppend wees nie, maar ook iets beteken vir die land voordat geldelike hulp toegeken word. – Elbie, Vereeniging
Die meeste ja-stemmers het besef dat dinge op sekere gebiede ’n bietjie agteruit sou gaan. Maar waaragtig . . . – J.H.J., Middelburg
En daar gaan (Jan) Van Riebeeck-dag op 6 April stil en ongesiens verby. Dis mos ’n wit geskiedkundige dag. Of hoe?– Nico Botha, Kokanje
Besorgde leser wat vra skole moet optree oor leerlinge wat papiere in woonbuurte gooi. Nee, skole kan nie alles doen nie. Ons moet iets vir die ouers ook los om te doen. – H.R.
Ek koop al biltong en bier vir die konstitusionele hof se uitspraak oor JZ. – Evert, Boksburg
Dankie vir die mooi voorblad van kosmosblomme. Daar is ’n gesegde: “Want liefde kosmos niks.” – Wilma, Middelburg

Kosmos
André Roux se storie oor 31 verstekelinge op ’n gratis avontuurrit is die beste storie in maande. – Muskin, Pretoria
Wie by RSG het besluit dat die landbouprogram nou van 05:30 uitgesaai moet word? Ek het geen belang by speenkalfpryse en nuus oor wol en wat nog nie. ’n Mens het uitgesien na elke oggend se uur van musiek en gesels. Nou moet die radio af bly tot 06:00, danksy ’n belaglike besluit. – J.J., Mosselbaai
Genade, net toe ek dink die lisensieafdeling kan nie slegter nie, word ek weer verbaas. Uit moedeloosheid gaan ek na die Waltloo-toetssentrum om te hoor hoekom ek al weke lank sukkel om ’n afspraak te kry. Daar word aan my gesê die persoon wat op die aanlyn stelsel werk, is met verlof en sodoende staan alles stil. Wat is volgende?– Chris Z.
Ek sien die Maties het teen die Ikeys in ’n rugbywedstryd verloor. Dit het seker gebeur omdat die Maties nie toegelaat is om Afrikaans op die veld te praat nie. Die Maties kon nie die Engelse wedstrydplan verstaan nie. – Gert Marais
Hendrik, hoekom kyk jy nog SA krieket? Solank die sirkus in die raadsale voortduur, sal niks verbeter nie. – Barend, Pretoria