Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

“As jy entstof weier, is jou premie hoër” (30.07). Ek stem nie met Dis­covery Life saam nie. Hy het geen reg om die nie-inenters te dwing om die hoër premies te betaal nie! Daar is glad nie ’n ooreenkoms met rokers of diabete nie. Dit verskil hemelsbreed, want die nie-inenters is blakend gesond. Discovery behoort in die hof te beland weens die menseregtesken-ding. Ek is allergies vir die entstowwe. – Sampie

Nou is daar ’n paar mense wat Discovery Life wil vermy. Jammer, maar hier is ’n paar profetiese woorde vir julle: Dis net ’n kwessie van (min) tyd voordat die ander lewensversekeraars volg en so ook al die mediese fondse. Omdat hulle almal betrokke is by die groot sameswering? Nee omdat hulle ondernemings is wat risiko verseker en hoe groter die risiko, hoe groter die premie. Die wetenskap het reeds gewys indien jy nie inent nie, is jou kans om te sterf of gehospitaliseer te word baie groter, dus is jy as anti-vakser bloot ’n groter risiko en behoort meer te betaal. Dis suiwer sake (en wiskunde). –T.G. Venter

Dít is maar net die begin en presies wat voorspel is: Dié wat nie ingeënt gaan wees nie, kan vir seker weet hulle gaan in die toekoms hulself vasloop teen talle nuwe reëls en voorwaardes. – Karl Sieta

“Labrador ná 5 uur uit gat gered” (30.07): Dankie vir die mooi storie van die groot poging wat ingesit is om die hond uit die gat te red. Ek glo weer in die goedheid van die mensdom. – Es, Johannesburg

Ná die grootse reddingspoging stoot Zlatko Dobronic sy hond, Sushi, in ’n kruiwa huis toe. Foto: Melinda Stuurman

Randburg-nooddienste en die betrokkenes wat die hond gered het, verdien ’n bravo en ’n langdurige handeklap! – Martie, Potchefstroom

“Bethal dikwels sonder krag” (30.07): Bethal se buurdorp Ermelo sit in dieselfde bootjie wat kragverskaffing betref. Benewens beurtkrag en “kragontlading”, het ons tussenin ook kragonderbrekings wanneer kabels gesteel of die kragnetwerk oorlaai word. – Piet, Ermelo

Groot gewag is daarvan gemaak dat tien tot 12 mense as die aanhitsers in die onluste geïdentifiseer is. Beeld se opskrif van 12 Julie haal pres. Cyril Ramaphosa aan: “Ons kom vir julle”. Wanneer gebeur dit? Wanneer hoor ons meer van die ringkoppe wat Suid-Afrika soveel skade berokken het? – Joe

Die hofsaak in Musina onder die boom is vir my treffend. Mense wat voortgaan en nie handdoek ingooi nie, so reg in Afrika-tradisie. ’n Indaba, rustig en wys. Net die sorghumbier vir daai ekstra bietjie insig kort.–Kobus, Middelburg

“Hof sit onder ’n boom in Musina” (30.07): Dit is waarheen ons land mettertyd op pad is.– Wollie, Theresapark

“Rassie pak uit in video” (30.07): Baie dankie, Rassie Erasmus, dat jy blatant eerlik is oor die eerste toets tussen die Springbokke en die Leeus. Gee ’n skoolkind wat rugby ken, die fluitjie eerder as Nic Berry. Ons soek net regverdigheid. – Doktor

Dit klink vir my of Rassie Erasmus suur druiwe het noudat hy nie meer Springbok-afrigter is nie. Hy probeer aandag soek met al sy vreemde goed. – Heather, Benoni

Rassie, ek was onder die indruk dat daar ’n nuwe afrigter is, maar dit blyk dat jy steeds die septer wil swaai. Asseblief! –Willie Zeeman

Wen of verloor, Rassie het ’n punt beet en bevestig my eie vrae in die meeste van die gevalle. Die boorvat op Willie le Roux is sekerlik die ergste! –Chris Joubert

Lekker, vat hulle aan, Rassie!–John John

Dis eintlik vir my lekker om die nou al bekende name se SMS’e te lees. Hulle is soos gewaardeerde kennisse. Die skuilname is ook interessant. Wat het van Gemaskerde Sopbeen geword? – Leni

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.