Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 32515

Arme Jana le Roux. Nou word sy die sondebok gemaak deur die hoogheilige Ferdinand Rabie. Bykans elke tweede persoon in die land het al daardie uitdrukking gebruik sonder dat dit rassisties bedoel is. – John du Toit, Randfontein

Ferdinand Rabie

Die k- en m-woord is myns insiens ewe kwetsend. My vraag aan kykNET: Hoe sal die m-woord deur die slagoffers daarvan ervaar word? – Mynhardt, Pretoria

Dit is duidelik dat daar vooraf besluit is om die Scheepers-familie in Kwarantyn te bevoordeel. kykNET wil net politiek korrek wees. – Willie, Kempton Park

Hoekom is sommige se rassisme altyd kultuur, maar ander se kultuur is altyd rassisme? (Met apologie aan Langenhoven.) – Maria Blom

Die k- of m-woord is presies dieselfde, ongeag kultuur. Dis onaanvaarbaar. – Nel

Wel, hier kan ’n mens met die Menseregtekommissie (MRK) en kommissaris André Gaum saamstem. Die twee voorvalle is gelyk; ek gaan wel met hom verskil dat die deelnemers gestraf behoort te word daarvoor. – Hennie Biebouw

“Binne kulturele konteks.” Mooi. Konteks tel net vir sekere groepe en mense. Beslis nie vir almal nie. Ek praat nie die k-pak-woord goed nie, maar dit word in bruin gemeenskappe gegooi. Dit is ’n lelike woord, onaanvaarbaar, maar beslis nie die bohaai werd nie. Gaan sy nou tronk toe? – Katrien H

Baie dankie aan Fritz Gaum, wat dit duidelik stel dat daar lewe anderkant die “hopie grond” is, in teenstelling met die siening van Anton van Niekerk. Die Woord stel dit duidelik dat ons aan die kant van die “hopie grond” ’n keuse het oor waar ons gaan wees. Dit blyk uit die skrywes van die twee persone dat hulle reeds hul keuses gemaak het. – Elsabe Howard, Benoni

Jacques Potgieter

Hoe goed ook al bedoel, moet hoofregter Mogoeng Mogoeng hom liefs by regsake bepaal. – Joe

Jacques Potgieter, jy is ’n yster! ’n Bul eet nie van die vloer af nie. Dankie vir jou eerlikheid. Hoekom wil die media op ons kans om geld te maak, urineer? – Arm Jan, Tshwane

Francois Bekker (27/6), ek het jou brief drie keer gelees en weet steeds nie of jy spog of kla nie. – Sarah, Krugersdorp

Ons sien net Wes-Kaapse nuus op kykNET se nuusbulletin. In die noorde is daar tog ook nuus. – Harrie, Musina

Ek is lus – soos in die fliek ’n Paw Paw vir my Darling – om Charlize Theron in te roep. Sy het statuur en moet nou ingryp in haar geboorteland. Ek is ernstig. – CT-aanhanger, Witrivier

Charlize Theron

Ek kan nie sien hoekom die Poskantoor nie kan aansoek doen om met ’n 50%-werkmag te begin pos sorteer nie. My plaaslike posbus is al vier maande leeg. Ek verwag belastingdokumente van maatskappye af wat belangrik is vir my. Ek is ’n bejaarde en het nie internet nie. Ek is afhanklik van die Poskantoor se diens. – Annatjie, Wes-Rand

Hoe word Suid-Afrika deur gewetenlose mense van sy fauna en flora gestroop en die regering doen bitter min om dit stop te sit? – Piet Roodt

En die vuilgoed wat leeubene uitvoer, lag en koggel almal die hele pad bank toe. Want hul geld koop almal om. – Maryna van Wyk

Wat die DA nou sê, dat plaasaanvalle ’n haatmisdaad moet word, is presies dít wat AfriForum en die landbou-unies al jare sê. Dis ook waarvoor AfriForum hulle na die buiteland gewend het. Toe dit aangeroer is deur Ernst Roets, was dit dieselfde DA wat te velde getrek het teen hom. So, hoe nou, DA? – Ano Nymous

Plaasaanvalle: Jammer, maar dis te min en te laat om my te oorreed om vir die DA te stem. – Maryna van Wyk

Die DA raak nou desperaat vir stemme. Hy was nog die hele tyd tjoepstil oor plaasmoorde. Wonder wat nou aangaan. Ek vertrou nie die Engelse party nie. Waarom nou op die wa saam met die VF Plus en AfriForum spring? Die organisasies praat dan al so lank daaroor. Volgens John Steenhuisen is Suid-Afrika dan vandag ’n veel beter plek as 26 jaar gelede. Ek is nou totaal verward. – Willem Liebenberg

Steve Hofmeyr

Die ergste is dat Steve Hofmeyr deur dieselfde mense wat die plaasmoorde nou as ’n ernstige probleem beskou, gekruisig is en sy loopbaan groot skade aangerig het. – Pieter Reyneke

Helen Zille is soos AfriForum en Solidariteit ’n verleentheid. Een tree vorentoe en drie terug. – Pieter van der Merwe

Helen Zille bewys net dat sy by haar beginsels hou, ten spyte van wat deesdae politiek korrek is. – Gert Wilkens

Helen Zille het van rassisme gepraat en sy is reg. – Ignatius Smith

En sê maar nou net Helen Zille se twiet is feitelik korrek – wat dan? Na my mening is die ANC die mees arrogante, rassistiese, onbeholpe en korrupte party wat Suid-Afrika tot nog toe gelei het. – Francois Viljoen

Meer oor:  Sms. Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.