Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 32515

Die verdoemende getuienis voor die Zondo-kommissie van Popo Molefe, voormalige voorsitter van die Prasa-raad, verdien die nodige aandag sodat vervolgings ingestel kan word. – Hans Retief, Pretoria

Ek sê al lankal die NP het ons verraai, maar is uitgekryt vir allerhande goed. Nou stem prof. Pieter Labuschagne in ’n mate saam dat wat ons nou het, Nelson Mandela se erflating is. – Freek, Vereeniging

Popo Molefe

Is daar iewers ’n plek waarheen ’n mens kan gaan of ’n organisasie waarby ’n mens kan aansluit waar almal net opbouend, positief, realisties en vooruitskouend is? Ek smag daarna. Regtig, die daaglikse klaagliedere is onuithoudbaar. – Minette

Die Vrede-melkskema wil maar net nie gaan lê nie. Ace se dag kom al hoe nader. Die polisie kan my gerus wakker bel as hulle hom een oggend douvoordag opgetel het. – Daan

Pieter van der Merwe, jy praat twak. AfriForum doen baie goeie werk en help ook swart mense. Hoe sou dorpe sonder hulle gelyk het? – DB

Fikile Mbalula, as minister van sport destyds het jy so mooi vir die Springbokke gesê hulle moet die All Blacks gaan opdonner . . . ek kry die gevoel die taxi’s is besig om iets in dier voege aan jou te doen. – Hennie, Florida

Charlize Theron-aanhanger, en wat moet sy nogal kom doen? Toe ek haar laas gesien het, was sy net ’n mens, niks anders nie. Vertrou nie op prinse nie. – KopSkud

Karen Meiring bevestig wat ons lank vermoed het: Net wit Afrikaners kan rassiste wees. – Janet, Secunda

Jake White

KykNET, ek wil sien watter hof gaan sê dis reg om die m-woord te gebruik. Nie die m-woord of k-woord is reg nie. Wat geld vir die een geld ook vir die ander. Laat al twee maar gaan. – Zorro, Wonderboom

Sjoe. Ek het nog nooit so ’n klomp afgunstiges gesien as dit kom by die Blou Bulle nie. Die unie is besig om sake reg te ruk met Jake White aan die spits. Maar al wat verloor-Leeu is, probeer nou saampraat. Die Haaie het dit ook gedoen. – Dawid

Annatjie, Wes-Rand, wees bly dat jy nog ’n poskantoor het, al funksioneer dit nie. Sinovllle se poskantoor en depot is op vlak 4 deur die sentrumeienaar gesluit weens wanbetaling. – Nikodemus, Annlin

Ai tog, dr. Frits Gaum en prof. Anton van Niekerk, maak ’n tee-afspraak en bespreek jul verskille man tot man. Want elke dag lees ons in Beeld jul mening en verskille en redes vir die verskille. Nie meer lus daarvoor. – Es, Johannesburg

Ek vind dit altyd interessant hoe mense die Woord probeer uitredeneer en plooi om hul onderskeie siening substansie te gee. Vir die Christelike geloof is daar niks onseker oor die “ewige lewe” nie en roep ook nie meer vrae as antwoorde op soos beweer word nie. Jy glo of jy glo nie. Hier is geen grysgebiede nie. – Bertram, Pretoria

Die plan van God word deesdae telkens afgetrek tot polemiek oor harp speel in die hiernamaals. As ons egter die Skrif nog ’n paar keer en weer ’n paar keer deurlees, sal ons begin verstaan waaroor dit gaan. – Philip Theunissen

Dr. Frits Gaum

Ai! As Frits Gaum en Amie van Wyk nie eens die huidige Afrikaans van Anton van Niekerk verstaan nie, hoe kan hulle geloofstaal uit die antieke begryp? Dankie, prof. Van Niekerk, dat jy ons help om te verstaan dat geloof verwondering en vertroue vir vandag is. – Predikant, Pretoria

Ek is pas terug by die huis ná vier dae in die hospitaal, waar ek dit amper nie gemaak het nie. Vir Anton van Niekerk kan ek net Paulus se woord aanhaal: “As ek net vir hierdie lewe op Christus hoop, is ek die bejammerenswaardigste van alle mense.” – Gelowige

Ek sien in Beeld (30.6) ek is nou iemand met twee “komorbiditeite”: diabetes en ouer as 60 jaar. So my kans om af te tjop, is nou twee keer so groot. Wys jou, dis gevaarlik om te lewe. – Gert Speelman

Mense wat nie maskertjies wil dra nie, soek moeilikheid en is moedswillig. Diegene wat die maskertjie dra met net die monde bedek en oop neuse, soek ook moeilikheid. – Leser, Pretoria

Sodra die taxi’s kan volmaak en oor die grense ry, kan die regering net sowel al die inperkings ophef. – Chinky, Benoni

Vandat drank weer toegelaat is, meng mense en drink saam. Dit versprei die virus. Ek rook, maar alleen en deel nie my sigaret met ander nie. Gelukkig drink ek nie. – Luke

’n Glas whiskey.

Hier in Jordaanpark in Heidelberg brand die straatligte al langer as ’n maand ononderbroke dag en nag. Hoe nou? – Inwoner

KykNET word al hoe meer Wes-Kaaps. Kyk net na die insetsels in die programme Kwêla en Bravo!. Verreweg die meeste is van daar. – Quintus, Lynnwood

Daar is een woord wat ek nie kan verdra nie, en dit is die f-woord. Alles is deesdae f- dit of f- dat. Die gebruik van die woord is platvloers. – Paul Nel, Boksburg

Meer oor:  Menings  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.