Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 32515

Ek sien die ANC is nou self aanklaer, regter en jurie in die korrupsie-ondersoek. – Michiel van Niekerk, Sasolburg

My goeiste, maar hierdie ANC is darem maar net een groot grap! As daar geld wegraak of gesteel word by jou maatskappy, dan stel jy nie mense van binne die maatskappy aan om dit te ondersoek nie, maar onafhanklike ouditeure. Cyril Ramaphosa, wat in die private sektor gewerk het, behoort dit darem te weet? – Esther, Pretoria-Noord

Dr. Dlamini-Zuma

As die president ernstig was oor korrupsie, sou hy ’n komitee saamgestel het onder leiding van iemand soos Gerrie Nel of Mike Bolhuis. – Doep

Die ANC laat hang hul koppe in skaamte oor die Covid-19-korrupsie . . . met ’n tong in die kies en ’n lag in die mou, want hulle weet hulle sal aan die bewind bly as hulle elke vyf jaar, net voor die verkiesing, kos aan miljoene armes uitdeel. – Leser, Pretoria

“Dis hoe sake werk, sê Ace” (08.08): My bloed kook oor, Ace Magashule! Nee, daar is nie ’n wet wat korrupsie verbied nie, maar het jy al ooit gehoor van doeltreffende korporatiewe bestuur? Lui terme soos nepotisme en deursigtigheid enigsins ’n klokkie by jou? Om nie te praat van eerlikheid en omgee vir jou naastes wat krepeer nie. Nee, hou instop. Jou dag sal kom. – Rooi bul, Constantiapark

Kan iemand asseblief aan Ace Magashule verduidelik wat ’n botsing van belange beteken? – Klippies, Nigel

Gert Coetzee se kru hantering van die onbeskryflik kru en onetiese, oneerlike politieke gedrog (ideologiese virus?) die ANC, in sy uitstekende rubriek “ANC is nes daardie kêrel agter in die kerk” (08/08) is in die kol. – Hans Retief, Pretoria

Gert Coetzee is in die kol. Ons moet besef korrupsie is die DNS van die ANC. Moenie verbaas wees as hulle die verkiesing verloor en nie die kantore wil ontruim en die sleutels oorhandig nie. – Bangjan

Brad Binder

Gert Coetzee gebruik die ideale beeld vir die ANC. Geensins kru nie, net die waarheid! – Johan, eMalahleni

Wie regeer hierdie land? Mnr. Ace Magashule, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die howe of die vakbonde? – JW Swart, Randburg

“Is dit regtig wat vroue wil lees (en wees)?” (08.08): Ernstige onderwerp, maar so pittig geskryf­. Die beeldspraak en vergelykings is kos­telik. – Gert Grobler

Die ou gaan hom half doodskrik as iemand hom daarop attent maak dat daar ’n vrou oor sy skouer hang. – Quartus van Zyl

Moontlik is Zara een van daardie opblaassilikoonpoppe. Hulle lyk nogal eg (kan jou backchat ook) en die spiertier (Storm) vat maar net ’n blaaskans. – Albert van Vuuren

Odette, die maatskaplike nood in Danville spreek tot my, veral omdat daar soveel inwoners is wat trots op hul buurt wil wees. Dink net: ’n Gemeenskapsprojek met mense uit die gemeenskap, asook kundiges ten opsigte van hawelose mense, verslawing en armoede sal ’n verskil kan maak. Vra die universiteit se maatskaplike en kriminologiedepartement om dit ’n studenteprojek te maak. Sterkte. – Henna, Glenstantia

ANC
Die ANC se logo

Jan Swart, jy sê nikotien veroorsaak nie eindelose ellende nie. Jy het duidelik nog nie langs ’n geliefde met longkanker se sterfbed gesit nie. Dit is eindelose ellende, die gesmag na ’n bietjie asem. Ek was self ’n roker, totdat ek gesien het hoe my ma ly. Dit het my laat ophou – ek hoop net gou genoeg dat die skade aan my longe kan herstel. – Debbie, Randfontein

Waarom verantwoordelike drankgebruikers straf? Straf dié wat wette oortree en hospitaalbeddens vol lê. Wette word duidelik nie meer toegepas in hierdie korrupte land nie. – Chris, Dunnottar

Ek kan nie verstaan hoekom die polisie en die ANC hulle nie méér toespits op die onwettige sigarethandel en die verwydering van onwettige vuurwapens nie. Intussen vervolg hulle of pla en stop hulle diegene wat tabak en vuurwapens wettig besit en versprei. Hulle is eenvoudig totaal magsbehep. – Gert McCarthy, Secunda

Ek sien jy kan nou dagga kweek en rook, maar o wee, moet asseblief nie sigarette koop en rook nie! – George, Pretoria

Die Suid-Afrikaner Brad Binder se oorwinning Sondag in die Tsjeggiese MotoGP is geen geringe sportprestasie nie. Miskien oortuig dit Beeld om meer oor die sportsoort te berig. – Joe

Storm en Zara.

Ewe skielik laat die Bulle-bestuur toe dat Jake White lojale spelers wegdryf met sy agenda, om plek te maak vir die WP se ou krokke. Swak, Bulle-bestuur! So gaan lojale ondersteuners ook waai. – Danie van der Westhuizen, Secunda

Baie dankie aan André du Bruyn en vrywilligers van AfriForum wat die groot slaggat in Saxbylaan in Eldoraigne herstel het. Dit word opreg waardeer. – LdP Centurion

Baie dankie aan die man wat saam met sy jong dogter in PnP Dorandia was vanoggend en vir my kruideniersware betaal het. Mag jy altyd omring wees deur mense wat vir jou omgee en vir jou lief is. – Ina, Nina Park

Meer oor:  Menings  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.