Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 32515
Regter Zondo

“Cyril-getuienis onjuis, glibberig” (05.04): Uiteindelik iemand wat pres. Cyril Ramaphosa se getuienis sien vir wat dit is. Ramaphosa se vermoë om lelike dinge te kamoefleer met vae, mooi praatjies is indrukwekkend. Jy moet maar fyn luister as jy te doen het met so ’n vriendelike verkoopsman. – Marc Koen

Tragies en ironies. CR is met sagte handskoentjies hanteer voor Zondo omdat ons nie kan bekostig om hom op te offer nie. – Koos, Middelburg

Met al die verskillende variasies van die “waarheid” wat ’n mens voor die Zondo-kommissie hoor, hoe kan jy weet wat die reine waarheid is? – Hans Retief, Pretoria

Daar is ’n ontsettende onsekerheid onder mense. Waar is die kundiges? Gee asseblief aan mense gemoedsrus oor die Covid-19-entstowwe. Veral bejaardes twyfel of dit raadsaam is om dit te kry! Hoe seker is ’n mens van die egtheid van die inhoud van die inspuiting?– Susan, Bela-Bela

“Vrou werk nagte deur vir wetenskap-graad” (05.04): Saluut, Pusele­tso Thoola! Uit ’n klein inkomste het jy gespaar om jou graad te verwerf. Jou wysheid sal vrugte dra vir jou kinders en kleinkinders. En mag ander wat geleenthede as vanselfsprekende regte aanvaar, uit jou inspirerende voorbeeld leer. – Erika Ochse, Queenswood

Dis werklik ’n mooi en inspirerende storie. Baie geluk en voorspoed. Ek’s seker jy sal ’n besonderse loopbaan hê. – Johann van der Westhuizen

Puseletso Thoola

Mooi so en baie geluk, Puseletso. Jy is ’n yster! – Estelle Visagie

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Baie geluk, Puseletso Thoola. Jy is ’n voorbeeld vir studente. Alles van die beste vir jou studie verder. – Ella Sambok

Met al die probleme wat sekere dorpe met munisipaliteite ondervind, verstaan ek nie hoekom inwoners nie op massa-betaal-stakings gaan om aan te dring op optrede nie. Die kaders sal vinnig plan maak sodra die geldkraantjie opdroog. – Anton, Deneysville

Behoort ons kragrekeninge nie nou laer te wees as gevolg van beurtkrag nie? Steel iemand alweer iewers ons geld? – Leser, Pretoria

“Skoolhoof weens ‘onenigheid met onnies’ verwyder” (05.04): Een man se aandrang daarop om verantwoordelikheid vir jou beroep te aanvaar is ’n ander se boeliegedrag en viktimisering. – Hennie Biebouw

Die grootste boelies sit nie op die skoolbanke nie, maar heel voor in die klas. – JP Naudé

Ek wil net aan Johan Badenhorst van Voetspore sê dis die beste program tot nog toe! Maak asseblief nog baie van hulle. – Johanna, Centurion

Kan Binnelanders se storieskrywers dringend vir At Koster terugbring asseblief? Aarde, die storie rafel sleg uit sonder hom. – Joe

Akani Simbine

“SA aflosblitse het geglo hul kon wen, die ‘spoed was daar’ ” 05.04): Fantasties, nou vir die Spele-goud! – Jacques Odendaal

TV-weer: Ek sou ook graag wil weet watter idioot­ het besluit dat die plekname op die kaart in wit moet wees. Dis soms skaars leesbaar. Skakel tog oor na swart. – Marie

“Die landlyn is dood” (05.04): Nou kan Telkom gerus al die telefoonpale deur die hele land uithaal en verkoop. Dit kan dalk vir sy afskeidspaartie betaal as die ANC dit nie ook steel nie. – Daan van den Berg

Nou ja, daar gaan die ou staatmaker van jare gelede. Ohrigstad 1523 was ons plaasnommer – twee kortes en drie langes was ons lui op die 15-lyn. – Sakkie Breitenbach

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.