Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 32515
Arthur Fraser

Gaan mense nog steeds ANC stem? Die uitslag gaan óf die redding, óf finale ondergang van die unieke, diverse en mooi land wees. En onthou tog van die gesloer met inentings weens tekort aan geld vir die medisyne terwyl daar terselfdertyd miljarde rande se belastinggeld op die SAL, Mango en SAL Tegnies vermors word.– Danie Hamman, Garsfontein

Babita se familie hoop vergeefs op geregtigheid. Die opdraggewer(s) van die moord is heelwaarskynlik ANC-kaders wat sorg dat hul eie en die ANC-beursie gestop bly. – Nikidemus, Annlin

Gegewe die Julie-onrus en gepaardgaande skade oor Jacob Zuma se inhegtenisneming, weet Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, sy besluit sal nie sonder meer omgekeer word nie. Hy het ’n kishou vir Zuma en teen pres. Cyril Ramaphosa geslaan. – Joe

Ek stem DA in my wyk, want anders is dit ’n mors van stem. Op die proporsionele lys wik en weeg ek nog tussen Herman Mashaba en die VF Plus. – Bennie, Pretoria

Kan restaurante asseblief duidelik aandui of hulle inenting ondersteun of nie? So kan elkeen dan besluit waar hulle wil kuier. – Spyt of nie

SAUK

Word Sinovac ook op China se kinders getoets? – Adriaan Louw

So, hulle gaan nou kinders ook met die inenting “toets”. Die kinders sal seker nie ’n keuse hê nie, maar moet nou proefkonyne wees. – Leser, Pretoria

Ek verbaas my elke keer dat nie-inenters die kleinste oningeligte berigte aanhang vir die waarheid te midde van die wetenskaplik en feitelik gefundeerde berigte oor voordele van inenting. – Adriaan

Die plakkerskamp Gomorrah in Pretoria kort ’n entstof-spuitplek. Mense is arm en sonder vervoer. – Lammie, Claremont

En as die ingespuites die oorsaak van die va­riante en vaksienweerstandige virusse is, kan ons hulle ook maar straf? – Nico R

En daar boul Piet Mouton, PSG-hoof, die anti-inenters toe finaal uit. En herdoop hulle as die selfsugtiges. – Bollie Konyn

Hoekom word nie-inenters se mediese-skema-premies nie belas nie? Is dit dan nie juis hulle wat in die waakeenheid beland nie en dan moet ons daarvoor instaan. – Frans

Discovery-statistieke: Ek raak by die dag al meer oortuig dat 99% van die anti-inenters gesukkel het met wiskunde op skool. Wie sou ooit kon dink dat nbasiese wiskunde-insig dalk eendag moontlik jou lewe kan red. – AD

Restaurant

elangrike mediaverklaring deur die burgemeester. Op 9 September sien sy die minister van waterwese. Beloftes van miljoene om water te kan voorsien sou bespreek word. Vyf dae later steeds doodse stilte. Is dit net gedoen om stemme te kry? – Jacob, Mookgophong

Dankie tog vir die SAUK wat ’n goeie alternatief is vir kykNET se weervoorspelling en die Rex-storielyn in Binnelanders. So, ek sal nie weer kla nie. – Johan, Letsitele

Hartroerende rubriek. Dankie Anton van Niekerk. Suid-Afrika is so ryklik bedeeld met minerale rykdom en ’n ryke verskeidenheid van omgewings, klimate, fauna en flora en mense. Tog kom soek die olifant kos in die kamer? My geagte mede-nasiegenote en politici, waarom kom soek die olifant kos in die kamer? – Johann Basson

As elke mens al die brood en oorskietkos vries en een maal per week dit vir iemand gee wat by jou huis verby gaan, dan sal baie minder mense honger ly. Ek doen dit al baie jare en die mense is baie dankbaar. Die dame kom haal dit elke week. – M. Secunda

Morné Steyn is te oud. – Fanie, Pretoria

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.