Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571
Hermann Giliomee Foto:

Laat weet wat jy op die hart het - per SMS.

Hermann Giliomee, jy praat die waarheid. Die DA is nie die plek vir wit Afrikaanssprekendes nie en sal dit in die toekoms nog minder wees. – Gert, Secunda

Rapule Tabane skryf ons verdien die leier wat ons het. Hoeveel onse is daar in sy pond? Ek het nog nooit vir daardie leier gestem nie. Nog minder vir die tweede keer. Ek staan egter magteloos en toekyk hoe hy telkens oorleef. Ek, en baie ander, verdien hom beslis nie!
– PC, Pretoria

Ek wil Rapule Tabane net daarop wys dat dit nie ons is wat die president gekies het nie. Dis die ANC wat hom in ons keel afdruk.
– Willem Smith, Komatipoort

Die student moet onmiddellik geskors en aangekla word van diefstal. – Susan, Pretoria

Is daar nie ’n Arabier in Dubai wat ’n vingerfout wil maak en vir my $1 miljoen inbetaal nie?
Willie Doyer

Is daar nie ’n Arabier in Dubai wat ’n vingerfout wil maak en vir my $1 miljoen inbetaal nie? – Willie Doyer

Die departement van onderwys is die kluts kwyt. Die mummie-taak wat deel is van die skoolkurrikulum is ’n klomp twak. Wat het die Egiptiese kultuur met ons kinders te doen?
– Kittie, Pretoria

Eerlikheid 10; Italiaanse toeriste 0! Hoe pateties is dit dat ’n eerlike werker R25 000 terugbesorg en die toeriste haar ’n skamele R100 gee. Dit is ’n klap in haar gesig! Minder as ¤10! Onaanvaarbaar! Behandel ons mense met meer respek! – Georg Knoke, Auckland Park

Dankie, Gert, vir jou artikel oor die 1951-’52-Springbokspan. Ek was toe 11 jaar oud, maar onthou meer van die name en gesigte as van verlede jaar se Bokke. Onthou jy hulle het altyd gesê in ’n goeie Springbokspan moet daar ’n Jood, ’n polisieman en ’n dokter wees? Was net so. – Jim, Secunda

Gert van der Westhuizen se artikel en stories oor 1951-’52 se Bokke het my skoon hoendervel gegee. Dankie. – GertM, Secunda

Kyk die mooi handtekeninge van die Springbokke van 1951-’52. Mooi skrif is deesdae bitter skaars. Hoe jammer tog! – Johanna

Johnny Buchler in aksie teen Wallis.

Baie dankie vir die plasing van die 1951-’52- Springbokspan se foto. Dit is uitstekend en die duidelik leesbare handtekeninge daarnaas maak dit baie treffend. Waardeer. – Witrivier

Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) behoort nie aan die regering nie, maar aan die staat se werknemers. Die fonds se totale bates Is tans meer as R1 000 miljard en kan as uiters gesond beskou word. Die bates moet beskerm word teen die regering se inmenging. Geen geld vir die SAL. – Jan, Pretoria

As Gigaba die 1,2 miljoen staatswerkers se pensioengeld vat om Dudu te help, sal hulle steeds ANC stem? – #theo.m/hall

Die mensgemaakte God waarvan Willem praat, is die rede vir my hoop, al gaan dit hoe sleg in die land. – André

MB, Kempton Park, 100 maal eerder Diana as Karlien en Amor! Diana is net een keer per jaar. Die ander twee duik elke dag op.
– Keelvol, Pretoria

’n Engelsman in my oorwegend Afrikaans-georiënteerde rolbalklub wil ernstig leer Afrikaans praat. Waar begin hy? – Louis, Pta

Blouwillem, jou woordkeuse is so uniek en in die kol! (Fees must roll!) Jy maak my Blou Maandag. Dankie! – Willemien

Die artikel “Keer terug na basiese” deur Jeanette de Klerk-Luttig is die waarste woorde wat in ’n lang tyd oor onderwys in SA gespreek is. As Afrikaans-onderwyser sien ek elke jaar dat kinders al hoe minder geletterd uit die laerskole kom. Daar word te min lees-, skryf- en spel-
oefening gedoen en te veel aandag gegee aan assessering. Iewers is ’n groot skroefdraad los.
– Bekommerde juffrou

Hans Retief, van die 350 studente in my een voorgraadse module woon net 18 klas in Afrikaans by. Dus is dit geensins “beduidend”, soos jy aanvoer nie. – Tukkie-dosent

Robert Mugabe

Ek en kameraad Bob Mugabe het dieselfde aftreeplan: die dood.
– Roes, Garsfontein

Wanneer kom die regisseur van Bravo agter hoe vervelig dit vir die kykers is om week ná week aan die einde van die program na die aanbieders se blapse te kyk? – Tinus

Dankie aan RSG vir Sondagaande se program Uit ’n ander hoek. Dit gee baie van ons wat anders oor geloof dink ’n positiewe uitkyk. RSG kan gerus meer sulke intelligente gesprekke aanbied. – Rina, Rangeview

Hou moed, Cheetahs, julle is deur ’n moeilike tyd! Ons is nogtans trots op julle!
– Hettie Opperman, Randburg

Nog nooit het ek die All Blacks in ’n ander kleur trui sien speel nie. Dit bly swart. Dis hul trots. As die Bokke nie in groen truie speel nie, kyk ek nie eens nie. – Riaan, Vanderbijlpark

Ons was Vrydagaand by ’n vertoning van die McLaren-sirkus in Mokopane. Dit was van die boonste rakke. Hou so aan. – Johan, Mokopane

Meer oor:  Robert Mugabe  |  Hermann Giliomee  |  Toeriste  |  Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.