Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy? Stuur Sms’E na 32515

“Arresteer ministers as dit moet” (08.07): Ek wil dit eers sien voordat ek dit glo! – Rene Descartes

Hier kom ’n ding. – Johan le Grange

Die ANC stel nog ’n toesmeer-korrupsiekomitee met belastinggeld aan waarvan dadels sal kom. Wie probeer hy bluf? – Oom Bez

Genade, pres. Ramaphosa, is daar geen ander vrou in jou regering wat jy kon kies as lid van jou korrupsiekomitee nie? Dr. Dlamini-Zuma kan tog nie oral wees om te keer nie? – Loly

In “Kern van Cyril se steun in NUK is baie klein” (06.08) word berig oor die faksies in die NUK. Nou wonder ek: Is Piet Croucamp en André Duvenage nie ’n apologie verskuldig nie? – Johan, Pretoria

“Ma (77) gaan soek hulp ná aanval op hoewe” (07.08): Ek het my eetlus verloor met die lees daarvan. Hoe kan ek landuit vlug? Ek is desperaat! Hoe moet die familie van slagoffers voel? – Gert de Wet

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en sy geselskap.

Die polisie se beloofde gespesialiseerde eenheid om plaasaanvalle en -moorde te bekamp, kan nie gou genoeg gestig word nie. ’n Mens kan net vertrou die georganiseerde landbou word by die proses betrek. – Joe

Ek is permanent hartseer en ek ken nie eens die mense nie. Hoe kry mense dit reg om met soveel haat mense te vermoor? Hulle is so harteloos. Ek is so jammer vir die familie. – Trudie Coetzer

Bheki Cele, dis tragies dat die mense in noodsituasies eerste die veiligheidsmaatskappye bel en dan die polisie. – Kiewiet Botha

Net ter inligting vir Gun Free South Africa: Vuurwapens maak nie mense dood nie. Mense maak mense dood. Die vuurwapen is net ’n middel tot ’n doel. – George, Pretoria

“Jammer, jy is gekanselleer!” (07.08): Ek stem saam met Richardt Strydom, ek sal meer oor kuns wil lees wat nie weens omstredenheid of uit verontwaardiging geskryf is nie. – Harold, Brooklyn

Die minister van gesondheid moet die voorbeeld stel en Covid-19-regulasies nakom. Een daarvan is ’n gesonde afstand van ongeveer 1,5 m (of meer). Dié foto (07.08) wek die indruk dat die groep, wat die minister insluit, téén mekaar is.– Willem Louw, Bronberg

Roelof Botha skryf in Beeld (07.08) sonder private eiendomsreg is Zimbabwe ons voorland. Wat is ons kans, met die ANC aan die bewind, om dit te behou? – Kobus, Middelburg

Dr. Botha leef in sy eie wêreld. Hy dink mos dat alles met lae rentekoerse reggemaak kan word. Hy wil ’n positiewe ingesteldheid wys en dinge sien wat nie bestaan nie, soos die sogenaamde regrukplanne om struikelblokke in die pad van werkskepping en sterker ekonomiese groei uit die weg te ruim. Suid-Afrika en Zimbabwe loop baie meer dieselfde pad as wat Botha wil voorgee. – Dan Roux

“Verder is daar begin om korrupsie daadwerklik aan te pak.” Seker die grap van die jaar! Komaan, dr. Botha, ons is slegs ’n paar kerwe weg van Zimbabwe. – Daan van Deventer

Roelof Botha, uitstekende rubriek en uiters kommerwekkend. – Johan van Wyk

Jan Swart, tyd om wakker te word. Rook is die oorsaak van menigte se lyding en sterftes, selfs nierokers s’n. Het jy al gehoor van emfiseem? Bykans deur die bank is emfiseemlyers rokers. En dis net een voorbeeld van rook se ellende. Partykeer moet ’n mens twee keer dink voordat jy jou onkunde ten toon stel (en jou naam daarby sit). – Pieter, Rustenburg

Jan Swart, selfone veroorsaak ook trauma: motorongelukke, kuberboelies, skelm verhoudings en kuberverslawing. Hoekom nie selfone ook verbied nie? So ook te veel eet, te veel suiker en te veel sout. – Tommie

Mag ek nou dagga rook, maar nie sigarette nie? – André

Stop asseblief hierdie jagtogte waar bloeddorstige, aggressiewe lafaards die grootwild en leeus in Suid-Afrika kom skiet! Dit is vreeslik ontstellend om te sien hoe die diere gemartel word. As die land geld nodig het, hef die verbod op sigarette op en voer al die bier en wyn uit. – Yolanda

Die hoofartikel oor piramideskemas (07.08) het betrekking. Daar sal altyd diegene wees wat vir die skemas val, uit gierigheid of desperaatheid of net pure onnoselheid. Seën die armes van gees. – Inge Perk

Sorg net dat jy onder die eerste 100 is. Ek het ongelukkig nie daardie geluk nie, net soos met Sharemax het ek net verloor. – Sakkie Breitenbach

As DStv sy kanale minder maak, sal die kykers seker ook minder hoef te betaal? – H. Kruger

Meer oor:  Menings  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.