Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat van die fetus se weerloosheid?

Ek reageer op prof. Anton van Niekerk se artikel van “Die dood van ‘Jane Roe’ ” (19.04) en prof. Amanda Gouws se rubriek “Aborsie erken vroue se regte” (25.04).

Eersgenoemde meen dat aborsie in Suid-Afrika in gedagte gehou moet word omdat wetenskaplike navorsing aanvoer dat die handeling toekomstige misdadigers kan verminder. Die tweede skrywer sê dat aborsie ten diepste (arm) vroue se reg (op privaatheid) verteenwoordig en dit lyk of sy ook die gedagte steun dat aborsie misdaad in die toekoms kan verminder.

Die Wet op die Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap is al in 1996 gepromulgeer. Dit sou ’n interessante studie wees om die ge­volgs­etiek van die skrywers in Suid-Afrika te toets. My mening is dat hul teorie nie as geldig bewys sal word nie.

Die gemeenskaplike is dat albei aborsie om verskillende redes regverdig.

Unesco het in 2005 ’n deklarasie van menseregte en bio-etiek aanvaar waarin dit duidelik gestel word dat spesiale weerloosheid by alle mediese handelings in ag geneem moet neem word.

Die artikel lui soos volg: “In applying and advancing scientific knowledge, medical practice and associated technologies, human vulnerability should be taken into account. Individuals and groups of special vulnerability should be protected and the personal integrity of such indivi­duals respected.”

’n Mens sou kon vra of aborsie ook die spesiale weerloosheid van voorgeboortelike lewe erken en hiermee saam of die afbreking van die fetus as weerlose liggaam persoonlike integriteit in ag neem.

Nuwe ontwikkelings op die gebied van menseregte het die reg op privaatheid en gevolgs­etiek in spanning gebring.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.