Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat van ’n pakket van KKNK-vertonings?

Dié brief is gerig aan alle kunstenaars:

Ek en my vrou het die voorreg gehad om die Woordfees in Stellenbosch by te woon. Wat ’n wonderlike ervaring was dit nie!

Gisteraand besef ek dat dié begaafde mense vir ’n tyd lank sonder inkomste gaan sit en dit laat my hart uitgaan na hulle toe.

Nou wonder ek oor al die voorbereiding wat in die KKNK ingegaan het en die kostes wat reeds aangegaan is.

Is dit nie dalk moontlik dat hulle ’n pakket kan saamstel van al of sommige van die vertonings nie?

Ek sal een van die eerstes wees om so ’n pakket te koop en dit in my eie woning te geniet.

As skole sulke pakkette kan saamstel van hul operettes, behoort die bestuur van die KKNK dit ook te kan doen.

Ek hoop regtig dat my voorstel byval sal vind.

Meer oor:  Mystem  |  Kknk  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.