Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat word nou van Zuma-lening?

Die VBS Bank, die bank wat R7,8 miljoen aan Jacob Zuma voorgeskiet het, is bankrot. Die vraag is of hy dit terugbetaal het.

Die tesourie het 18 maande voor die ineenstorting gewaarsku dat munisipaliteite se beleggings in dié bank onwettig is. Benewens dat die direksie en bestuur seker aanspreeklik gehou behoort te word, geld dit seker vir die munisipale amptenare. Party van hulle het glo kommissie gekry. Ook onwettig.

Wat is die posisie van die Staatsdienspensioenfonds wat ’n 25%-aandeel in die bank het? Sy verlies gaan groot wees. Gaan die fonds ’n eis instel? Teen wie? Teen die Openbare Beleggingskorporasie ook? Wat is gedoen om die belegging te beveilig? Hoekom is daar hoegenaamd in dié bank belê? Is daar opgetree toe die tesourie gewaarsku het?

Hoeveel van hierdie roekelose beleggings moet werkers en pensioentrekkers nog verdra?

Wat het geword van die wetsbepaling dat beleggings tot voordeel van die fonds moet wees?

Dan word daar nog van “due diligence” gepraat!

Wanneer is genoeg genoeg? Die pensioenfonds word leeg belê en niemand word ooit aanspreeklik gehou nie. Wat van die trustees se verantwoordelikheid? Moet hulle nie persoonlik aangespreek word nie? Wat sê die eienaars van die pensioenfonds, die werkers en pensioenarisse?

Wat is die trustees se verduideliking vir hierdie roekelose gemors met die pensioenfonds se geld? Hul stilswye sal nie die probleem laat verdwyn nie.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.