Ek het oudpres. FW de Klerk se artikel gelees waar hy, myns insiens, reguit verduidelik wat sy toespraak van 2 Februarie 1990 voorafgegaan het. Ek is oortuig dat enige regdenkende mens dit sal verstaan.
Oupa Olie (05.02) noem egter dat die weermag vir die destydse regering tyd sou wen “om op ’n verantwoordelike wyse die land in ’n rigting te stuur wat vir die meeste inwoners aanvaarbaar sou wees”. En net daar verloor hy my.
Watter ander opsie was daar dan as om alle inwoners vry te maak om te stem vir wie hulle wil – verwysende na die druk vanuit die buiteland, eintlik van oral?
Dalk kan hy aan ons leke verduidelik wat hierdie wonderlike oplossings – deur ons weermag se bevelsraad uitgewerk – dan sou wees.