Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Watter produk lewer skoolstelsel?

In ’n ideale wêreld sal die mensdom saamstaan en aan die politici sê as hulle nie by die meerderheidstem onder wetenskaplikes oor klimaatverandering kan inval nie, gaan daar nie vir hulle gestem word nie. Maar ons leef nie in ’n ideale wêreld nie . . .

Depressie onder die jeug word ’n al hoe groter probleem, en nou sien ons ook nog dat jongmense die skool verlaat sonder dat hulle behoorlik kan lees en/of somme doen. Leerlinge word op skool ook die geleentheid ontneem om hulleself geestelik sterk te maak deurdat godsdiensonderrig feitlik van die baan is.

’n Studie wat deur Emmy E. Werner gedoen is – en wat in Time (01.06.2015) beskryf word as “a pioneer in resilience re­search”, het gewys dat “ ’n sterk geloof in hul vermoë om probleme op te los” kinders help om hul weg in die lewe te vind.

Leerlinge wat in ’n vroeë stadium die skool verlaat sonder dat die skool kon verseker dat hulle behoorlik lees- en syfervaardig is; voordat hulle ’n gesonde perspektief van die mens en die lewe kon kry; en voordat hulle iets betekenisvol van waardes gesnap het, kan nou die werkmark en die grootmenslewe invaar met slegs ’n vae idee van die betekenis van alles. Dis behalwe dalk dat “intimiteit” tussen mense niks anders as seksuele plesier kan wees nie.

Hoe taai gaan hulle wees wanneer die lewe daar buite erg begin druk en die antwoorde hoe om dit te hanteer, hulle net aaneen ontwyk? Watter produk het ons skoolstelsel dan gelewer?

Meer oor:  Skoolstelsel  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.