Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
WB kort nuwe bloed in eindstryd

Eerstens, baie geluk aan die Bokke met hulle welverdiende oorwinning oor Engeland.

Maar ná die negende WB-rugbytoernooi moet daar tot die gevolgtrekking gekom word dat tot op hede net vier spanne die beker kon wen. Asook dat daar, naas Japan, geen nuwe spanne in die kwarteindronde was nie.

Nou hoekom dan nie maar die volgende toernooi met die agt beste spanne sommer in die kwarteindronde begin nie? Want die ander 12 spanne was maar net daar om die toernooi geloofwaardigheid te gee.

Ek stel voor:

1. Laat die agt spanne wat derde en vierde in elke groep geëindig het, ook in ’n kwarteind-, halfeind- en eindstryd speel;

2. Hef dadelik die reël op dat al het jy net een toets vir ’n land gespeel, jy nooit vir ’n ander land toetsrugby mag speel nie!

3. Maar jy moet darem vyf jaar in daardie land gebly en rugby gespeel het;

4. Daar moet ernstig gekyk word na lande soos Japan, Samoa, Fidji, Tonga, die VSA, Kanada en ander om hulle ook in ’n Sesnasies- of Kampioenskap-toernooi te laat speel; en

5. Kombineer Tonga, Samoa en Fidji as ’n span in die Kampioenskapstoernooi!

Ek hoop van harte dat daar vier spanne in die kwarteindronde van die volgende WB-toernooi gaan wees wat nog nooit die kwarteindronde gehaal het nie, asook twee in die eindstryd wat dit nog nooit gewen het nie!

Meer oor:  Bokke  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.