Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Weerhou belasting en kelder so Zuma en kie

Ek verwys na “Terughou van belasting ’n opsie” (07.04), asook Pravin Gordhan se stellings op die voorblad van dié uitgawe.

Die eksminister sê staatsinstellings word misbruik om eerlike mense te kriminaliseer, en dat ons op pad is om die staat oor te gee aan ’n spul “gangsters”. Hy praat nie twak nie, want S&P se afgradering hou juis verband met politieke en institusionele onstabiliteit wat die land verswak, asook die omgewing van stadige ekonomiese groei weens politieke gevegte.

Intellek bestaan nie meer in die politiek nie, dit sit vandag in sake. As ’n onderneming vind dat ’n tekortkoming in sy beleid bestaan, word die beleid aangepas in belang van die besigheid se welstand.

Met politiek is dit andersom; as ’n tekortkoming in beleid gevind word, word dit uitgebuit tot eiebelang en tot nadeel van landsbelang.

Die rand is die ontluikende geldeenheid wat die beste presteer­ en bereik ’n hoogtepunt van R12,31 teen die dollar. Maar
Zumastan het gebrekkige beleid as wapen en verkrag ons rand ’n week later, dwing $2,4 miljard uit Suid-Afrika se euro-staatseffekte, bliksem buitelandse skuld in die rommeldrom en skaad ons banke se beeld.

Hoekom? Want hy kán! Want die staat hoef nie geld te maak nie, hy ontvang dit net. Ons kan optogte hou en protes aanteken totdat ons blou raak, maar die president het sy “mandaat” onder beleid uitgevoer, al is dit tot nadeel van sy hele nasie.

Dus, ons as burgers moet die gebrek aan moraliteit aanvaar omdat beleid onwelvoeglikheid ’n vrypas gee? Ek stem, kom ons weerhou belasting en raak ontslae van Zuma en kie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Pravin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.