Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wegblystem is net stem vir ANC

Volgende jaar is dit weer verkiesing en ons probeer nóú al besluit vir wie om te stem.

Veral in die Wes-Kaap is die DA uiters deurmekaar. Hy maak soveel foute waar hy in beheer is. ’n Heksejag op Helen Zille en Patricia de Lille is aan die gang, en die party dreig om uitmekaar te val.

Die vraag is vir wie moet jy stem. Het die ANC die vermoë om in die Wes-Kaap te regeer? Ek twyfel. Het die DA nog ’n ondersteuningsbasis hier in die Wes-Kaap – die DA wat deur baie gesien word as ’n “ANC-lite”. Ek weet nie.

Die ACDP lyk na die party, maar hy is hopeloos te klein om enige uitwerking te hê, so ook die Cape Party en die VF Plus.

Ek stem saam met die Cape Party dat die Wes-Kaap moet afstig. Jammer, maar dit is 24 jaar te laat. Die Nasionale Party moes dit gedoen het toe hy in 1994 in die Wes-Kaap gewen het. Maar nee, die hele land was vas­gevang in die Madiba-euforie.

Die beste is om nie te stem nie, maar ja, ’n wegblystem is ’n stem vir die ANC.

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.