Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wegblystemme tel vir ANC

Daar is weer sommige mense wat sê hulle gaan nie in die verkiesing stem nie omdat hul stem nie ’n verskil gaan maak nie.

Dit is juis waar hulle die fout maak, want ’n wegblystem gaan net die ANC bevoordeel en sterker maak.

Hier is ’n voorbeeld: Gestel daar is tien kiesers waarvan ses vir die ANC stem en vier vir opposisiepartye. Dit beteken die ANC kry 60% en die opposisie 40%. Nou besluit een opposisiekieser om nie te stem nie, wat beteken daar is nou nege kiesers van wie ses nog steeds ANC stem en slegs drie vir die opposisiepartye. Dit beteken die ANC het nou ’n tweederdemeerderheid, en nié omdat meer kiesers vir die ANC gestem het nie, maar omdat een kieser van ’n opposisieparty nie gaan stem het nie.

Dus, jou stem maak wel ’n verskil en ’n groot een daarby.

Dan is daar diegene wat nie stem nie omdat hulle glo nie legitimiteit aan die stelsel wil gee nie.

Feit van die saak is jy gebruik die paaie, hernu jou rybewys, koop kos en betaal BTW, betaal belasting en dies meer, wat beteken jy is deel van die stelsel.

Om dan nie te wil gaan stem nie omdat jy nie deel van die stelsel wil wees nie, hou dan mos nie steek nie, of hoe?

Nee wat, daar is geen verskoning om nie te gaan stem nie.

Moet dus nie op stemdag by die huis bly en dit as net nog ’n vakansiedag beskou nie.

Gaan na jou stempunt toe en maak jou kruisie agter die naam van jou party wat jy ondersteun.

En weer eens, stem vir ’n party wie se waardes min of meer ooreenstem met jou eie waardes.

Sodoende sal jy gemoedsrus hê en weet daar sal beslis omgesien en geveg word vir jou belange, waardes en regte.

Maak dus gebruik van die geleentheid en gaan stem op stemdag.

Onthou, die hand wat die kruisie maak, is die hand wat die toekoms skryf.

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.