Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Welgedaan aan Waldimar en kie

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad, skryf:

Ek het vergeefs gesoek vir ’n kolletjie inspirerende, innoverende en insiggewende nuus in verlede week se koerant, maar kon dit glad nie kry nie.

Dit is net Covid-19 en plaasaanvalle. Omdat ek soveel vertroue in pres. Cyril Ramaphosa gehad het, lees ek elke berig wat oor hom gaan. Nou ja, vandag het ek my rug op hom gedraai, want soos Tim du Plessis skryf: “Cyril die paaier dink regtig ons is ’n spul skape”.

Dit is presies wat ek ook nou dink. Wat het hy tot dusver gedoen om ons boere op hul plase te beveilig en te beskerm teen die wrede aanvalle? Hy sluit die skole summier. Hoekom? Omdat hy sy ore uitleen aan die ANC en nie sy eie besluite kan neem nie. Hy is bang vir sy mense en volg hulle treetjie vir treetjie. Dit is mos patetiese optrede van iemand wat ’n land moet regeer.

Bertram Young, Pretoria, skryf:

Wat ’n besonderse uitgawe van Rapport was verlede week s’n nie.

Welgedaan aan Waldimar Pelser en sy span. Geen doekies is omgedraai nie en die joernaliste het deur die bank objektiewe kommentaar gelewer.

Aan Tim du Plessis: Jy verdien nie net ’n Bell’s nie maar ’n medalje. Kom ons vertrou hierdie naakte waarheid bereik ook die lede van die parlement. Die pleisters word nie meer op akute swere geplak nie – hulle word nou afgeruk.

Meer oor:  Antoinette Schoeman  |  Bertram Young  |  Briewe  |  Rapport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.