Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Welgedaan, ‘voortreflike Fred’, ou maat

Met verwysing na “Voortreflike Fred se vyftig jaar in sketse” (14.10).

Laat ek Koos Kombuis sommer hier inroep, waar hy die Gestalt-beginsel, naamlik dat die geheel baie groter is as die optelsom van die dele, te berde bring (“Snyman se verhale is graan­silo’s op aandag”, 30.09).

Joan Hambidge gebruik in haar resensie beskrywende woorde wat onse Fred omgord, naamlik: “hebbelikhede, ’n stylgreep word ’n wurg-greep, korswel, potsierlikhede, kurkdroë humor, is nie bitsig nie, meesal speels . . . goedig as hy van jou hou . . . sy lanset word skerp wanneer dit by Zuma en kie kom . . .” As digter draai sy na Mouton, gee aan vanuit haar hart: “ ’n Goeie spotprenttekenaar is waarskynlik soos ’n digter wat met ’n eerste lees ’n boodskap oordra en met ’n tweede kyk iets meer verklap.”

Om die braaivleisvure hoor ek ’n stem sê: Breek die ys, ou maat, die lewe kos duur . . . Teen die muur, ’n spotprent van Mouton.

Vroegoggend word die koerant deur wederhelfte uit die posbus gehaal; in die kombuis staan ’n beker stomende koffie gereed vir daardie eerste diepteug-slukkie – a-a-a.

Die koerant, só kan ons getuig in hierdie dag des lewens, baar vlytig aan gebeure deurspek van wanhoop, al blaai jy om, en weer om. Maar dan, op die kommentaarblad, ryg die veters lossies weg, daar waar die kerwe oor die voorhoof plooi . . . ’n slukkie verdere troos, en dan, glimlaggend: “Ai, Fred is weer op sy stukke vanoggend.”

Ns.: En die muis, sou hy nog melktandjies bymekaarmaak vir sy huisie . . . hoeveel rykdom sal hy vandag in ’n skoen moet sit in ruil vir die duur verkwanselde haasbektandjie? ’n Tiekie was baie geld werd, toentertyd, en o, daardie blinkmooi nuwe 5c.

10 000 spotprente. Gestalt-beginsel, inderdaad. Welgedaan, ou maat.

Meer oor:  Fred Mouton  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.