Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wens almal kan diens soos dié kry

Toe ek anderdag lees van Bun Booyens (04.02) se raakvatte oor rioolpype wat in of naby ’n mens se huis moleste kan maak, kom my eie ondervinding by my op.

Ek wens almal in Suid-Afrika kan op ’n plek soos Stilbaai woon en sulke diens ervaar.

Dit was in die Kerstyd dat al wat ’n watergat in ons huis is, begin roggel of gorrel het. Dit was die wasbakke, die toilette, die opwasbakke in die kombuis, die stortbaddens se uitlate. Oral waar ’n gat was, was dit ’n ge­gor-gor. Liederlike geluide om dit saggies te stel.

Ek slaap daardie nag omtrent niks nie. Kan die gemors reg­gemaak word? En wanneer?

Toe die munisipale kantore hier op ons dorp die volgende oggend oopmaak, was ek daar. Ek verduidelik my probleem. “Meneer, ons is nou-nou daar,” sê die vrou agter die toonbank. Ek sê ek gaan net gou winkel toe, ’n klipgooi daarvandaan, om melk te koop.

Só het ek gemaak en is dadelik huis toe. Daar aangekom, staan daar al ’n watertenkwa en ’n netjiese kontrepsie met sulke swart pype. Dit was nie 15 minute later nie, toe vra een van die manne ek moet die toilet se bak spoel. Geen geroggel, geen gegorrel, niks nie. Net ’n gevoel van wonderlike diens.

Ek wens almal in Suid-Afrika kan op ’n plek soos Stilbaai woon en sulke diens ervaar.

Meer oor:  Bun Booyens  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.