Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wêreld wat ons ken, het aangestap

Dankie, Blou Willem, vir die klein lansie wat jy in jou rubriek (06.04) breek vir die posisie van gays en die verwysing na die NGK-sinode se fokus vir die volgende paar maande, naamlik om hom op kernsake toe te spits.

Sedert die Covid-19-virussiekte sy kloue in Suid-Afrika geslaan het en die inperking aan die gang is, is dit skokkend om die implikasies daarvan op ons samelewing te verwerk.

In ons familie is daar ’n paar gays, soos deur die Almagtige beskik. Omtrent almal was laas in die NGK tydens katkisasie in st. 9. Hulle praktiseer godsdiens soos hul Skepper dit voorskryf. Hulle besoek charismatiese kerke, waar hulle omarm en onvoorwaardelik aanvaar word sonder etikettering.

Saam met hulle vriende, gay of straight, word gekuier, partytjie gehou, sport gekyk en gespeel, die lewe geniet.

Goeie werk, huise smaakvol gedekoreer, kosmaak en belese. Party woon en werk oorsee.

So, dominees, ek hoop van harte dat julle dié moeilike tyd sal gebruik om oor jul sienings en oortuigings te besin en ná Covid-19 sal besef dat die wêreld soos ons hom ken aangestap het.

Meer oor:  Blou Willem  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.