Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wêreldbevolking skrikwekkend

Die berig “Wetenskaplikes waarsku mensdom: Stabiliseer die wêreld se bevolking” (20.11) – oor die wêreldbevolking van meer as 7,7 miljard wat jaarliks met sowat 80 miljoen toeneem – is ’n skrikwekkende waarheid.

Persoonlik het ek die afgelope dekade met groot kommer in hierdie kolomme daarna verwys.

Die kernprobleem is menslike getalle.

Altesaam 99% van die gewig op die aardbodem kom van werweldiere waarvan die mens ’n reusedeel vorm.

Miljoene mense vlug van land tot land weens die gevolge daarvan.

Die aarde krimp omdat alles moontlik uit hom gegrawe en gepomp word.

Dit lei tot aardverwarming wat die pole laat smelt en verspreide rampe ontketen. Voedselsekerheid kry ’n nekslag.

Suid-Afrika voel sy eie maaksel aan sy bas.

Weens onbesonne optrede is die land tot op die rand van die afgrond gestuur. Die aanwas is soos astronomiese veldbrande, uitlanders stroom die land in, riool verniel waterbronne en verpes landbou, dienslewering is uitgewis en sieklike rommelhope gedy, waterbronne en aardwater droog op.

Min wit gesinne kan dit bekostig om meer as een of twee kinders te hê. Hul onderwys is peperduur en talle kan dit nie bekostig om hul kinders te laat studeer nie. Hulle is meestal ook getroue belastingbetalers. Hulle en hul kinders kry nie werk nie en wyk uit.

Hul belastinggeld word gesteel om die vettes te voed. Tog kry wittes die skuld vir ander armoede.

Noodhulp kan begin met negatiewe aanwas met geboortebeperking, ’n reusetaak as meer as 100 000 skoolmeisies swanger is.

Talle raak swanger om toelaes te kry om huishoudings weens armoede te help finansier.

Gratis onderwys, studie aan universiteite, krag, water, huisvesting, roof, kapings en vernietiging van eiendom verdiep net die armoedesiklus.

Meer oor:  Mense  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.