Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Werkskepping is die enigste oplossing

’n Vriend se pa, ’n NG predikant, het eenkeer gesê waar orde en dissipline afwesig is, is daar chaos, en chaos is ’n sinoniem vir “hel”. Ek het deur my lewe bevestiging van sy gesegde ervaar.

Sonder orde en dissipline in skole kan daar nie suksesvolle onderrig wees nie. Dieselfde geld gesinne waar die ouers nie beheer oor hul kinders het nie. ’n Stelsel met vaste reëls van moets en moenies moet geld.

In duisende krotbuurte in die land is die lewe chaoties. Armoede weens werkloosheid is die hoofoorsaak. Wat tragies is, is kinders in sulke omstandighede het geen hoop om goeie waardes en beskaafde norme te internaliseer nie en hul kanse om as volwassenes ordelike lewens volgens goeie beginsels te lei, is gering.

Daarom is dit so noodsaaklik dat die regering en die private sektor alles moontlik moet doen om werkskepping te bevorder. Daar word te veel gepraat en te min gedoen om groei en ontwikkeling te bevorder.

Daarsonder floreer anargie, misdaad en gewelddadige protesaksies gepaard met diefstal.

Meer oor:  My Stem  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.