Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wetenskap het die mistieke nodig

Daar gaan al hoe meer stemme uit verskillende oorde op wat suggereer dat ’n mitiese, mistieke, misterieuse en selfs religieuse omgewing nie bevorderlik is vir wetenskaplike vooruitgang nie. Die kodewoord blyk te wees super-rasionaliteit in ’n niereligieuse, -mistieke en -misterieuse wêreld. En net daar doof die onbeskryflik wonderbaarlike gees van die mens uit.

Impliseer dit ook dat geen diepgelowige wetenskaplike met die beoefening van die wetenskap te vertrou is nie, dat hulle nie nuuskierig, deursoekend en krities genoeg is nie en dat hulle sekere ontdekkings sal verswyg?

Wie sal die meeste met die toekoms vertrou kan word? ’n Wetenskaplike wat opsigtelik die erkende Bybelse norme en waardes uitleef of ’n wetenskaplike wat handel ingevolge sy eie – onbekende, mensgemaakte en dalk nog twyfelagtige – norme, waardes en rasionele denke? Ek wonder maar net.

Die mens is nie geskape om ’n rasionele robot te wees nie. In my geestesoog sien ek die Clones van Star Wars. Behoede ons. Dit is juis die mistieke, misterie en religie (om etiek te verseker) wat geboorte aan die wetenskap moet gee.

Daarom is die mens ’n vrydenkende maar ingewikkeld emosionele en rasionele wese wat heeltyd keuses moet uitoefen om ’n gesonde balans te handhaaf. Die mistieke, misterieuse en religieuse is net so noodsaaklik vir sy oorlewing as die rasionele. Almal vorm sy selfbewussyn.

Natuurlik sal daar altyd booswigte soos Fagin, Bill Sikes met sy hond Bull’s Eye en Artful Dodger (uit die rolprent Oliver) wees wat sal probeer om die emosioneel brose mens tot hul eie voordeel uit te buit, maar dit regverdig nie om die deur op hierdie mens vir altyd toe te klap nie.

Vir my is die grootste bevryding om deurgaans te poog om reg te laat geskied en liefde en trou te bewys, met bedagsaamheid in die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Hierop staan en val alles, die wetenskap ook.

Meer oor:  Wetenskap  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.