Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie benadeel onderwys meeste?

Ek het ’n klip in my skoen. Na regte voel dit meer soos Tafelberg in my skoen.

Die hele wêreld weet ons is in die vierde industriële revolusie en dat Suid-Afrika reeds nie genoeg werkgeleenthede vir jong mense het nie. Jong mense sit sonder werk en ledig by die huis, en almal weet wat die gevolge daarvan is.

Dít in ag genome, wonder ek net hoe dit moontlik en toelaatbaar is dat onderwysers op 65-jarige ouderdom met pensioen gaan en dan deur skole in beheerliggaamsposte aangestel word. Dít terwyl daar soveel jong onderwysers is wat nie poste kry nie.

Hierdie sogenaamde onvervangbares kry dus ’n pensioen en nou nog ’n salaris van die beheerliggaam, terwyl 50% en meer van die jong mense geen inkomste het nie.

Dit kom dus voor of hoofde en die oues van dae saamwerk om jonger mense uit onderwysposte te hou. Die skool wat blykbaar deur die WKOD beskou word as die beste in die Noordsone het skynbaar ook nog nooit gehoor van E-leer nie. Terwyl ’n buurskool reeds ver gevorder het met sy beleid en E-leer gebruik om sy kinders toepaslik te kan voorberei vir die toekoms.

My vraag is dus: Wie hou die tegnologie uit die skool? Die hoof of die onbevoegde oues van dae?

Meer oor:  My Stem  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.