Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie gaan vir Syd Nomis nadoen?

In 1970 het Brian Lochore se All Blacks in die “Toetsreeks van die Eeu” teen Dawie de Villiers se Springbokke kom speel.

Die eerste toets was op 25 Julie 1970 op Loftus Versveld in Pretoria, dieselfde veld waar die Springbokke vandag teen die All Blacks speel.

Die destydse Afrikaanse Radiodiens se rugbykommentator was wyle Gerhard (Spiekeries) Viviers wat gesê het: “Jy weet dit is die stadion met die heerlikste atmosfeer . . .” Die skare is ’n bietjie partydig en eenogig.

Viviers se volledige kommentaar is op 2 MFP-besparingsplate vasgelê. Gedurende die eerste helfte (MFP 54559) het Luisteraars gehoor: “ . . . dat ah . . . die manne sal inklim soos hulle nog nie in hierdie wedstryd ingeklim het nie, dis nou aan die kant van Suid-Afrika, nie dat ’n mens voorspraak daarvoor wil maak nie, solank as die vuiste net wegbly en die manne inklim soos hulle moet inklim. Nou ja, dan kan daar nie fout mee gevind word nie”.

Mag die Springbokke vandag hierdie raad volg deur “in te klim soos hulle moet inklim”.

Uit die tweede helfte (MFP 54560) kom die beskrywing van die Springbok-vleuel wyle Syd Nomis se drie: “Syddie! Syddie! Syddie!” Die vraag is nou: Watter Springbok gaan vandag vir Nomis nadoen?

Die Springbokke moet onthou dat die All Blacks nooit gaan lê nie, soos Viviers destyds in die tweede helfte gesê het: “Dis nou een ding van die All Blacks, hulle gaan nooit lê nie.”

Meer oor:  Dawie De Villiers  |  Springbokke  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.