Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie gaan vir Zuma hier opvolg?

Terwyl hopelik die meeste van ons jubel en weer trots die wêreld in die oë kan kyk omrede ons president nie meer ’n verleentheid is nie en dit darem lyk of die soustrein se steenkool gaan opraak . . . Maar laat ek dit daar laat vir die toekoms.

Ek is seker dat daar ook mense buite die Zuma-dampkring is wat stilletjies ’n traan wegpink omdat ons finaal vader Jacob se rug gesien het. Eintlik het vroulief, wat deesdae erger oor die politiek as oor die kospotte is, die gedagte geopper.

Sy is seker dat manne soos Fred en Zapiro effens hartseer is oor oom Jacob se “aftrede”.

Want waar gaan hulle nou weer só ’n onuitputlike bron van idees en vermaak vir hul spotprente vind?

Meer oor:  Fred  |  My Stem  |  Spotprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.