Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie het ‘denkvermoë-verslag’ goedgekeur?

Oor die berig oor die “denkvermoë­verslag” wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) herroep word:

Wat ’n tragiese gebeurtenis is dit nie, en dis beslis ’n klad op die US se naam. Dit kom lê ongelukkig ook op prof. Jimmy Volmink se skouers.

Lesers moet daarop let dat die departement van sportwetenskap eers sedert Januarie 2019 onder die fakulteit geneeskunde en gesondheidsweten­skappe val. Dit is dus iets wat die fakulteit geërf het. Dit is hoogs waarskynlik dat Volmink eers van die studie bewus geword het toe die bom bars.

Die studente wat die studie gedoen het, se name word genoem. Maar nêrens word egter die name genoem van diegene van die departement van sport­wetenskap onder wie se leiding die studie gedoen is nie.

Wie is die lede van die etiekkomitee wat die ondersoek goedgekeur het? Albei hierdie groepe moes mos van beter geweet het?

Meer oor:  My Stem  |  Verslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.