Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie het nog standbeelde nodig?

Die meeste van ons is deesdae geletterd. Ek bedoel dat ons kan lees, skryf en selfs somme maak.

Dit was nie altyd so nie.

Vandag is daar steeds miljoene der miljoene mense wat slegs visueel geletterd is – hulle kan net kyk en soms sien; luister en soms hoor. Vir húlle is beelde bedoel. Vir húlle is ook die groot saamtrekke bedoel, die groot stadions en amfiteaters waar demagoë hul verbale gawes bulderend oor die massas kan laat weergalm.

Farao’s, konings, keisers, heersers, generaals en profete het hierdie metode gebruik om met hul volgelinge te kommunikeer, want DStv, RSG en die koerant was onbekend. Die gesproke woord was die enigste kommunikasiemedium. En klein groepe was effe ondoeltreffend – die helfte van die impak verlore.

Maar wanneer daardie opperhoof, koning, keiser of profeet nou eenmaal aan die mag gekom het, wou hy/sy natuurlik daaraan vasklou – vir ewig indien moontlik, nes ons politici van vandag. En moenie ons sportbase vergeet nie.

En een van die meganismes wat der eeue gelede al toegepas is, was standbeelde. Hoe groter hoe beter en hoe magtiger was Die Leier, Die Profeet, Die Farao, Die Hoofman.

Die Egiptenare het dit deeglik gedoen. Groots, magtig, imponerend. Vandag staan die Westerse wêreld steeds verbaas oor die piramides. Die Inkas s’n staan ook nog vandag. Onverstaanbaar.

En die Chinese het hul muur. Ek bedoel ’n múúr.

Kleiner, moderner beeldbouers het goedkoper weergawes daargestel. ’n Oorwinningsboog hier, ’n strydwa met perde daar om veldslag en oorwinning in te vryf. Ons moet onthou wie die Groot Man was, en die verloorders mag die afranseling tog ook nie gou vergeet nie.

Maar wie gee deesdae nog om? Want hier by ons verander die heersers elke paar jaar. Ja, dalk steeds dieselfde party, maar telkens ’n ander gesig. En pastore is honderd per dosyn.

Maar deesdae het ons Google, TikTok, Instagram, Facebook, WhatsApp en ’n swetterjoel beelde, foto’s, video’s, sketse, tekeninge, afbeeldings, boeke, tydskrifte en wat nog meer waar ons alles kan hoor, sien, bekyk, beloer en kritiseer tot die koeie huis toe kom. Ons het nie meer standbeelde nodig om ons visuele geletterdheid te versadig nie – ons het die internet en ’n selfoon.

Meer oor:  Standbeelde  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.