Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie het werklik die grond besit?

Iets wat my nou al lank pla, is die vraag oor waar swart mense hul grond vandaan kry.

Van die politieke verhoë af word dit algemeen aanvaar dat alle grond in Suid-Afrika aan swart mense behoort het. My geskiedenisboeke het my geleer toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, was hier net die Khoi-San. Eers in die 1800’s het die grensoorloë in die Oos-Kaap begin en het setlaars swaarde met swart mense gekruis. Waar was die swart mense in die vorige 200 jaar en van wie het hulle die grond “gesteel”? Ek verneem dat die Khoi-San tot in Zambië gebly het. Waarom word dit nie in die debat genoem nie?

Baie “feite” word deur leke-historici opgedis en daarna as feite erken, en deur oningeligte mense vir soetkoek opgeëet.

Kan iemand my sê wat in die geskiedenis gebeur het, of die vraag aan die “slim” politici stel?

Meer oor:  My Stem  |  Grondbesit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.