Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie is in beheer van die staatsdienspensioenfonds?

Dit raak elke dag onduideliker wie nou regtig in beheer van die Staatsdiendspensioenfonds is. Is dit die raad van trustees van die fonds, die hoof uitvoerende beampte of die Openbare Beleggingskorporasie, die uitvoerende hoof van die OBK, politici of  - na aanleiding van die berig "OBK swig glo nadat Cosatu dreig" - moontlik Cosatu? Of speel ander vakbonde ook 'n rol?   

In sy brief van 1 Julie skryf Adamus P. Stemmet, verwysend na kommissaris Gill Marcus van die Mpati-kommissie: "Sy moet ook vra hoekom die Raad van Trustees  van die Staatsdienspensioenfonds  hul plig in hul bestuurs- en toesigrolle versuim  het."  Dan sê hy: "Na alles is hulle in beheer  van die pensioenfonds."

Maar is hulle?  Getuienis voor die Mpati-kommissie  dui daarop dat die toenmalige uitvoerende hoof, dr. Dan Matjila, op sy eie beleggings goedgekeur het of opdrag daartoe gegee het.  Was hy toe in beheer van die fonds?  Op 26 April 2019 sê Abel Sitholi, huidige uitvoerende hoof van die fonds, dat daar meer beleggings in ongelyste beleggings goedgekeur  moet word omdat dit geweldige voordele vir die fonds, sy lede en die land se ekonomie inhou.  Net n paar weke later op 14 Junie 2019 word berig dat Sitholi die OBK ingelig het  dat daar oorweeg word om n moratorium op hierdie soort beleggings te plaas.  Hoe nou?

Intussen bly die raad van trustees, die instansie wat volgens Stemmet in beheer is,  tjoepstil!

Na berig word, het Cosatu die adjunk-minister van finansies, in sy hoedanigheid as voorsitter van die OBK, glo gedreig dat die ANC stemme sou verloor as hy nie gehoorgee aan hul versoek om Edcon uit sy finansiele krisis te help nie .  Vakbonde speel dus ook 'n rol in die beheer van die pensioenfonds se beleggings!

Tussen al die instansies vlieg miljarde rande by die vensters uit tot nadeel van die eienaars van die fonds -  die lede daarvan. 

Meer oor:  Staatsdienspensioenfonds  |  Durbanville  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.