Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wie sloer, minister of amptenare?

Met verwysing na A.H. Gotze se skrywe van 18 deser oor die gebrekkige diens deur die Staats­dienspensioenfonds (GEPF) moet vermeld word dat die pensioenarisse van die Pensioenfonds vir Geassosieerde Instellings (PGI), wat deur die GEPF/GPAA geadministreer word, ná bykans vier maande nog nie die beloofde 5,2%-verhoging gekry het nie, terwyl die pensioenarisse van die GEPF dit reeds op 1 April ontvang het.

Na verneem word, moet die minister van finansies, wat ook die enigste lid van die PGI se raad is (’n absurde bedeling), die verhoging nog goedkeur.

Wie is die skuldige, die minister of die amptenare wat die dokument(e) moet opstel? Elke jaar sloer dit langer. Dit het nie gebeur terwyl Trevor Manuel minister van finansies was nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.