Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Willemse e.a. moet jammer sê

Nick Mallett en Naas Botha het niks gesê of gedoen wat as rassisties beskou kan word nie, is die bevinding van adv. Vincent Maleka.

Uiteraard kan steeds baie oor die voorval gesê word, en na my mening moet ’n paar goed nou gebeur. Ashwin Willemse moet Mallett en Botha sowel as die publiek om verskoning vra vir sy onprofessionele op­trede en uitbarsting.) SuperSport behoort Willemse oor sy raspolitiekery af te dank en hom in geen ander hoedanigheid gebruik nie.) Tokozile Xasa, minister van sport, moet Mallett, Botha en die publiek om verskoning vra vir haar ongevraagde uit­latings en onbehoorlike kantkiesery sonder dat sy haar vooraf van die feite vergewis het.

Sy behoort ook haar bedanking in te dien, aangesien sy ’n om­strede karakter is met rasse­vooroor­dele wat nasiebou teenwerk.) Mmusi Maimane, DA-leier, behoort Mallett en Botha om verskoning te vra oor sy uit­latings jeens hulle en lede van sy party. Doen hy dit nie, moet hy weet dat talle kiesers nie meer vir die DA sal stem nie. Uit Maimane se optrede blyk dit dat hy hierdie kiesers as blote “stemvee” beskou.) Openbare figure, verslag­gewers en politieke napraters wat gewoon die kant kies van hulle wat “martelaar” of die “verontregte” speel, behoort dieselfde te doen en verskoning te vra.

Of enigeen van hierdie mense die durf gaan hê om jammer te sê, is te betwyfel. Hulle het mos reeds gewys waar hulle staan en waar hulle dink hul “beloning” lê.

Dinge kan slegs beter raak as ons ophou om voor te gee en agendas het vir eie gewin of om ander ter wille te wees.

Streef die waarheid na. Behandel alle mense met respek en menswaardigheid en die stryd is half gewonne. Is dit regtig so moeilik?

(Willemse aanvaar nie die SuperSport-verslag nie en gaan hom tot die gelykheidshof wend. – Briewered.)

Meer oor:  Naas Botha  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.