Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Willowmore stel voorbeeld vir baie

Ons het die voorreg gehad om verlede week ses dae in die asemrowende Baviaanskloof deur te bring.

Dit is egter nie waaroor hierdie skrywe gaan nie. Ons was genoodsaak om Willowmore toe te ry om brandstof in te neem.

Wat ’n aangename verrassing! Ek neem aan dat meeste mense, soos ons, gewoonlik eenvoudig by Willowmore verbyry aangesien die hoofpad (N9) langs die dorp verbyhou na Graaff-Reinet of Uniondale.

Ons het die laaste paar jare die hele land deurkruis om met ’n hartseer die meeste plattelandse dorpe te sien vergaan. Slaggate in paaie, vullis wat oral rondlê, verlate geboue met stukkende vensters en dakke, of bewoonde geboue wat ernstige aandag nodig het, en ’n algemene gevoel van wanhoop en skaamte is aan die orde van die dag.

Willowmore tref jou dadelik met sy silwerskone en netjiese strate, netjies versorgde geboue en huise, oulike winkeltjies en eetplekke.

Die inwoners is klaarblyklik trots op hul dorp en ’n mens kan dit aanvoel.

Ek het die petroljoggie gelukgewens met sy dorp en sy trotse antwoord was: “Ons werk hard daaraan.”

As Willowmore dit kan regkry, hoekom ook nie menige ander dorpe nie.

Draai volgende keer gerus af en gaan geniet die pragtige dorpie, sy mense, winkeltjies, restaurante en gasvryheid. Daar is selfs die oulikste donkiekarretjie waarop jy die dorp kan besigtig.

Willowmore, welgedaan en doen so voort.

Meer oor:  Willowmore  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.