Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wit bevoorregting bestaan nié

Die DA-leier, Mmusi Maimane, se uitlatings oor “wit bevoorregting” en die ondersteuning wat hy hieroor kry, het betrekking.

Verskeie akademici en joernaliste steun ook in ’n koor dié uitlatings.

Dalk is ek ’n vreemdeling in Jerusalem, maar ek verstaan regtig nie al die “slim mense” se redenasies nie.

Sedert 1994 is die staatsdiens, munisipaliteite en semistaatsinstellings verafrikaniseer.

Dieselfde beleid is ook slaafs toegepas in akademiese instellings. Demografiese kwotas is met wetgewing vir sportdeelname en -bestuur verpligtend gemaak.

Die sakesektor en myne is ook gedwing om hul bestuur en werksaamhede op swart deelname te rig.

Verskeie bevoordeeldes het danksy hierdie beleid multimiljoenêrs geword, met ons agbare staatspresident as die beste voorbeeld.

Die afgelope 24 jaar is wittes uit poste geskuif en vervang, onder die vaandel van regstellende aksie.

Derduisende huise is vir mense gebou en geskenk, sonder enige teenprestasie. Nêrens anders in Afrika is huise, met goedkoop water en krag, aan ’n groep mense geskenk nie. Nuwelingboere word oorlaai met staatshulp, waaronder gratis plase, subsidies, werktuie en produksiemiddele. Ry jy in Bloemfontein se strate, is jy verstom oor die luukse motors waarmee staatsdiens-elite rondrits.

Wit mense wat vandag ryk is, is ryk danksy hul eie harde, toegewyde werk.

Ons moes nog altyd vir ons eie studies betaal. Gratis onderwys het nog nooit vir ons bestaan nie. Wys my een wit boer wat ’n plaas en produksiemiddele as ’n geskenk van die staat ontvang het.

“Wit bevoorregting” is
retoriese, propagandistiese snert. Die term is waarskynlik deur Bell Pottinger geskep.

En dit word slaafs deur akademici en joernaliste nagepraat in die hoop om die oog van die ANC te tref en vir hulself werksekerheid te verseker.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.