Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wit kan by swart leer vergeef

Charles Smith se Goeiemôre “Jacob Zuma se eerste aand in ’n oranje oorpak” (07.01) het betrekking. As dit nie so hartseer was nie, kon die stuk snaaks gewees het. Ek is ’n historikus in murg en been en kan eenmaal nie die land se verlede vergeet nie.

Laat ek dit duidelik stel: My mening is dat die hof geen ander keuse gehad het as om oudpres. Jacob Zuma tronkstraf op te lê nie.

Ná apartheid het ek gemeen dat geen hof ooit die apartheidsmisdadigers uit die tronk sou hou nie. Geen hof het die werklike apartheids­base tronk toe gestuur nie.

Dit is immers dieselfde mense wat apartheidsmisdadigers vergewe en uit die tronk gehou het wat Zuma nou tronk toe stuur.

Zuma het sy straf verdien en gaan dit (moontlik) uitdien. Die apartheidsbase het ook hul straf verdien, maar is vergewe.

Antjie Krog het per geleentheid geskryf dat vergifnis nie werklik ’n menslike eienskap kan wees nie.

Die filosoof Jacques Derrida het ook probleme met die begrip van vergifnis gehad. Hy het verklaar dat werklike vergifnis daardie vergifnis behels van dit wat onvergeeflik is.

Was Zuma by daardie punt as jy sy dade teen apartheid opweeg? Ek dink nie so nie.

As wit mens sou ek my, in die lig van die vergifnis wat aan die apartheidsplegers en hul onvergeeflike dade betoon is, in dié geval by die minderheidsuitspraak skaar.

Ek lees die smaal in die kommentaar van wit mense en ek dink die swart kulture het iets wat ons wit mense nie het nie: die vermoë om te vergewe. Ons moet baie dankbaar wees vir daardie vergifnis en dit moet ons nederig hou.

Ons moet in die lig daarvan nie oordeel nie.

Bloot gegrond op die geskiedenis kom dit ons nie toe nie.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Charles Smith  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.