Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Wit kapitaliste’ bou, ander breek

Ek verwys na Deon Bekker van Alberton se brief “Ons moet armoede takel: Waar staan jy?” (24.07).

Eerstens wil ek Deon komplimenteer omdat dit blyk dat hy eerste in die tou staan om behulpsaam te wees met die aftakeling van armoede.

Ek is ook van mening dat daar baie is wat graag sy voorbeeld wil volg en dit reeds volg. Maar wanneer ons kyk na die dank wat ons daarvoor kry, wonder ek of dit nog die moeite werd is.

Aan die ander kant dink ek dat dit te laat is. Daar is werklik baie wat die laaste paar jaar in hierdie land gedoen is deur ’n minderheid van Suid-Afrikaners, onder andere die sogenaamde “wit monopolistiese kapitaliste”, maar kyk wat gebeur!

Steeds word baie van ons uitgekryt as rassiste, maar dit is juis baie van hierdie sogenaamde rassiste wat uit hul pad gaan om armoede in hierdie land hok te slaan.

Die uiteinde is dat dit deur anargistiese optrede verwoes word. Is dit die manier hoe dit gedoen moet word?

Meer oor:  My Stem  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.