Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wit mense het ook reg tot protes

Ek skryf al lank oor en teen “protesoptredes” wat feitlik daagliks voorkom en gepaardgaan met onder meer saakbeskadiging. Polisieoptrede om betogers te keer of in hegtenis te neem, is gewoonlik beperk tot die “monitor van die situasie”. En die ministers en die polisiehoofde is doodstil.

Maar noudat die betogers wit boere is wat verder gegaan het as wat korrek sou wees, eis min. Bheki Cele en sy kollegas inhegtenisnemings en vervolgings. Dit sou my verbaas het as dit anders was. Ek meen: “Who do they think they are?”

Daar word graag hoog opgegee oor die Grondwet, maar dit beteken niks as dit nie in die praktyk uitgeleef en toegepas word nie.

Die ANC-regering, insluitend die president en die ministers, moet ’n slag die lippediens laat staan en doen wat die Grondwet bepaal.

Hulle kan begin met die erkenning dat die wit minderheid van die land ook burgers is, met gelyke regte, insluitend die reg op beskerming en die reg tot protes.

Meer oor:  Bheki Cele  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.