Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
'Wittes se kanse is nou oor en verby'

Ek haat wittes. 

Ek het nog altyd. Ek kan dit nie help nie. Dit is hoe ek voel. Al die ander is welkom in my huis, behalwe wittes. 

Ek het op universiteit my kamer met ’n witte gedeel. 

Ek weet almal maak geraas, maar die geluid wat uit hierdie een uitgekom het, was so irriterend.

Hy was nog kort ook en so bleek. Vaal.

Ek het my bloos geskaam as my vriende kom kuier, want die witte was daar. 

Hy het net daar gestaan en geraas. Wat kon ek doen, ek was jonk en op universiteit en het nie ’n keuse gehad om ’n kamer te deel met hierdie witte nie. 

Ek wil die witte sommer ’n taai klap gegee het. Ek het my bes gedoen om ontslae te raak van hom.

Dit was twee jaar se stryd, toe deel ek ’n kamer met ’n swarte. 

Ek weet almal maak geraas, maar die geluid wat uit hierdie een uitgekom het, was so irriterend.

Wat ’n wonderlike tyd. Hy was lank en mooi. Hy was nogal modieus ook. Dit is die ding van swartes – die definisie van mode. 

Ek het myself belowe om nooit weer so tegemoetkomend te wees nie. Wit is uit. Oudtyds. Jare terug was wittes baie belangrik en oral. 

Jy het nêrens swartes gesien nie. Tye het verander. Ook maar goed so.

Kleur maak saak. Dit is die eerste ding wat jy sien. 

Ek is nie skaam om te sê ek takseer op die uiterlike nie. Wanneer ek die wittes sien, dan dink ek dadelik vaal, verbeeldingloos en oud. 

Hoor hier, ek was nou die dag by ’n winkel naby my. Toe loop ek verby ’n klomp wittes. Grotes, kortes, langes – alle kleur maar so vervelig soos sand. Ten minste het sand ’n bietjie karakter. 

Ek het hierdie wittes so ’n kyk gegee. 

Die winkelassistent – so oorvriendelike enetjie, wou my voorstel aan die wittes. Ek het vir hom gesê ek stel nie belang om eers in hulle rigting te kyk nie. 

Ek was nie eers skaam daaroor nie. Ek weet nie wat het hulle elk geval in daardie winkel gesoek nie. 

Dit was nie ’n winkel vir hulle nie. Die ander was so divers, dan is daar die groep wittes. Ek hoop eerlikwaar hulle het uit gevoel. 

Ek het vir die winkelassistent gevra hoekom laat hulle wittes nog toe. Ek bedoel dit is 2017.

Die winkelassistent was baie diplomaties. 

Hy het vir my gesê almal is welkom. Ek het net my oë gerol en aanbeweeg. 

Ek wou hom reghelp. Nee, almal is nie welkom nie. Wittes het hul kans gehad. Dit is nou oor en verby. 

Hoekom is hulle steeds in die winkels waar ek loop. Dit is so irriterend. Arg!

Anyway, hy het opgemaak deur my aan ander voor te stel.

 Toe ek die een sien, raak ek dadelik verlief. Ek het al ’n groot swarte gehad en geniet. Ek was lus om weer ’n bietjie oor die kleurgrens te gaan.

Toe stel hy my voor aan die mooiste rooi yskas. 

Die mooiste yskas wat jy ooit gesien het. Rooies is nou my ding.

Meer oor:  Piet Matipa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.