Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wolstories bring nostalgie

Wanneer Johan (Lekkerskryf) van Wyk, gewilde rubriekskrywer van Volksblad, so in vervoering raak oor die wol-boom van die jare 1950 kan die sein van ’n wolboer die versoeking nie weerstaan om saam in sy koor te sing nie.

In die vroeë dertigerjare van die vorige eeu, die begin van die Groot Depressie, het my vader op die plaas Rooikraal in die Thaba Nchu-distrik met 3 000 Merino-skape geboer. Hy het op ’n keer 70 bale wol geskeer wat vir ’n beter prys na Londen uitgevoer is. Nadat al die koste afgetrek is, kom die koninklike tjek van £300. Vandag sou dit miljoene ponde beloop het – in die boom-jaar 1950 nog soveel meer.

Wanneer skeertyd ná die winter aangebreek het, was daar groot doenigheid op Rooikraal. Dan kom die skeerspanne uit Transkei en Basoetoland met hul groot bondels buit wat langs die trekpad versamel is, en hul twaksakkies styf gestop van die skeergeld wat diep versteek word. Die plaas is in rep en roer. Wanneer die son soos ’n groot vuurbal mens en dier wakker gemaak het, word ’n pot pap en melk verslind, en dan kom die bevel in die skeerhok: “Vang . . . vang”. Onder die dreunsang van die vars en fris skeerders begin die skêre klap.

As jong seun was dit my en die sjiemans se taak om wanneer die wolvliese op die skeertafel afgerond en beoordeel is, dit styf in die wolbale in te trap totdat ons kaalvoete blink van die olie is . . . ’n goeie teken van gehalte. Skeerders het met mekaar meegeding: tien minute, agt minute, vyf minute om ’n groot skaap se dik wolkombers af te haal met ’n handskêr. Later jare was die uwe weer by die wolboere betrokke. In vakansies het ek as student op Brandfort se spoorwegstasie boere se skeersels ontvang en na die makelaars Dunell Ebden in Port Elizabeth verspoor. Dit vir sakgeld.

Om by die wolboere betrokke te wees, was ’n ware belewenis. Hulle was die hart van ons ekonomie.

Meer oor:  Rubriekskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.