Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wonderlike waterplan vir Warden werk nie

Oor waterverskaffing deur die Phumelela-munisipaliteit:

Op 5 September 2018 tydens ’n vergadering in Tuynhuys spreek die kabinet sy genoegdoening uit oor die voltooiing van die Cornelisrivierdam by Warden. Dié projek sal die waternood in Warden en Ezenzeleni beëindig.

Dit is nou Augustus 2020, die nuwe dam is propvol helder, skoon water, nogtans is daar geen deurlopende watervoorsiening in Warden en Ezenzeleni nie. Saans ná tien is daar geen water nie en gedurende die dag is daar lang tye geen water in die krane nie.

Dit nadat daar ’n nuwe reservoir, suiweringsaanleg en natuurlik ook die dam gebou is teen ’n koste van miljoene.

Die suiweringsaanleg is ook gebou langs die munisipale stortingsterrein.

Onlangs het Vrede ’n watertekort ondervind en is water van Warden per tenkwa na Vrede geneem, met die resultaat dat die waterverskaffing in Warden ingekort moes word.

Tans word water uit die nuwe dam vrygelaat, dit loop dan in die ou dam en van daar word dit in die ou suiweringsaanleg gesuiwer en versprei. Die ou dam is nie omhein nie, beeste sit vas in die modder en vrek daar, verskeie lyke is reeds uit die dam gehaal en talle beeskrale is vlak by die dam opgerig. Die afvloei van die krale en ook van Ezenzeleni loop direk in die dam in.

Dié toedrag van sake en die vermorsing van miljoene rande moet ondersoek en aan die kaak gestel word.

Meer oor:  My Stem  |  Waterplan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.