Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Word rassisme onder swart mense aangehits?

Word rassisme onder swart mense nie ook aangehits nie? vra Jacques Taljaard van Bloemfontein in ’n ope brief aan Ahmed Kathrada.

Jacques Taljaard

Geagte mnr. Kathrada

U meningstuk “As rassisme aanhou prut” verwys. U het 1 300 woorde gebruik. Ek probeer kortliks om in 300 woorde bepaalde teenargumente vir u eensydige argumente toe te lig:

Eerstens: U vermeld spesifieke gewraakte woorde of uitdrukkings wat kwetsend van aard is. Ek verwys na slagspreuke wat gemaak is tydens die #FeesMustFall-oproer en ook die betogings op kampus vanjaar.

Hierdie uitsprake is gemaak deur oorwegend swart studenteleiers. Is hul uitsprake ook bydraend daartoe dat rassisme prut? Het dit die temperatuur opgejaag?

Tweedens: U vermeld voorbeelde van uitsprake in die sosiale media wat daartoe bydra dat rassisme aanhou prut. Wat van die nagraadse student Ntokozo Qwabe se rassistiese optrede wat hy later op sy vriend blameer het?

Moes mnr. Qwabe nie sy opvoeding gebruik het om die polariserende gedrag van dié vriend te stop nie?

Derdens: U vermeld dat ons 22 jaar in die nuwe sogenaamde demokrasie is.

Op die vooraand van die munisipale verkiesing wat in Augustus plaasvind, dryf die ANC ’n verskerpte, rasgedrewe verkiesingsveldtog.

Hoeveel dra dit by tot die verhitting van prutstatus tot moontlike kookpunt?

Dit is duidelik dat daar nie eens krummels oorgebly het van die versoenende benadering van die vroeë demokrasie nie.

Behoede ons wanneer die demokrasie 50 jaar oud word . . .

Vierdens: U verwys na “wilde veralgemenings dat alle wittes rassiste is”. Kyk ons na die uitsprake van gemeenskapsleiers, studenteleiers, leiers van verskeie politieke bewegings en geestelike leiers, soos in die media gerapporteer, dan wonder ’n mens hoeveel rassisme onder die breë swart gemeenskap aangehits en tot kookpunt gebring word.

U en ek sal maar aanhou om te wonder, nè?

Meer oor:  Ahmed Kathrada  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.