Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
WP-rugby demp my lus vir die spel

Dit is met groot teleurstelling dat WP-rugby so verswak het.

Ek en medeondersteuners het gereeld vir wedstryde van Ceres na Nuweland gery, maar het dit weens die gehalte van spel laat vaar. Ek oorweeg dit ook nou om maar my DStv Premium af te skaal omdat die kwaliteit nie die koste regverdig nie.

Verstaan tog mooi: Dit gaan nie omdat verloor die norm geword het nie, maar wel hoe hulle verloor. Hulle speel soos ouens wat nou eers leer rugby speel.

Ek kan nie glo dat ons ná jare toe WP die Curriebeker vyf jaar op ’n ry gewen het, swakker is nie. Jy verbeter mos oor die jare. Die All Blacks bewys dit.

Volgens my is swak spankeuses die rede. Kyk maar hoe ander provinsies met groot sukses talent uit die WP kom haal.

Dis welbekend dat WP al jare sukkel om ’n goeie skrumskakel/losskakel-kombinasie te kry. Nou hou hy aan om talent te wil skep. Nee, jy kan skaaf aan ’n speler, maar vaardigheid is instinktief.

Die laaste paar seisoene probeer hulle Damian Willemse tot ster verhef, maar dat sy eweknieë Bosch en Libbok hom ver agter laat, spreek vanself. Nee, hy is nie die antwoord nie.

Kyk sommer hier plaaslik by die universiteite en klubs. Daar is baie talentvolle spelers, en gebruik hulle soos ’n Danie Craven van ouds.

Ten laaste bly die afrigter verantwoordelik vir ’n span se sukses of geploeter.

Sterkte, ons hou duim vas vir John Dobson volgende jaar.

Meer oor:  Wolseley  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.