Die paleo-antropoloë plaas Homo sapiens (wat “wyse man” beteken) in dieselfde spesie as die Neanderdalmens en ander uitgestorwe hominiede saam met ons naaste oorlewende subfamilie, die sjimpansee, en die gorilla, bonobo en orangoetang ’n bietjie verder terug.
Maar gelukkig het ons dié voorsate darem in ’n hele paar belangrike opsigte ver agtergelaat, al moet ons nog ’n lang pad stap om by die ware “wyse man” uit te kom.
Skeppingsverhale – waarvan verskeie grootliks ooreenstem – kom in feitlik alle gelowe voor. Volgens die Israelse weergawe is die mens “na die beeld van God” geskape. Ek twyfel sterk oor die ooreenkoms, aangesien die mens se sondige aard tans allesbehalwe goddelik is.
Of ons oorsprong te vinde is in die wetenskap of in die skeppingsverhale, Homo sapiens het nog ’n baie lang pad om te stap voordat ons die toppunt van ons menslike ontwikkeling bereik.
Jesus het reeds 2 000 jaar gelede vir ons die voorbeeld gestel toe hy gepreek het dat álle nasies, ten spyte van verskille in geloof, politiek en ander oortuigings, in volkome harmonie en liefde sal kan saamleef.
Anders as vandag, waar meestal een ding gepredik en iets anders gedoen word.