Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wyse omie het ook nie antwoorde

Ek gesels met ’n (senior) omie wat nogal ’n aanvoeling het vir die brandende kwessies wat die land al soveel dekades teister, en die gesprek draai dan ook om die uitsprake wat ambassadeur Zindzi Mandela getwiet het.

“Ja,” sê hy, “ek kan heeltemal verstaan van waar haar frustrasies kom, maar ek weet nie so mooi of haar indikasie van ’n oplossing korrek is nie.” Hy sê hy kry dikwels wit mense wat vra: “Waar pas ons in; waar is ons welkom; wat word van ons verwag; mag ons ook ons talente uitleef en nuttig voel?”

En dan sê hy gedemp: “Sou so graag ’n antwoord wou gee, maar ek het nie nou een nie” en groet terwyl hy met sy kierie aanskuif om dalk nog ’n vraende raak te loop . . .

Meer oor:  Zindzi Mandela  |  Briewe  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.