Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zephany Nurse: Sy ken net daardie ma en pa

Hoe sou jy gevoel het as dit jou kind was? Ek sou elke dag aan haar gedink het. Ek sou gehuil het, my man sou my blameer het en naderhand sou ons ook seker van al die verwyt uitmekaar gedryf het.

En as ek haar ná 18 jaar weer kry? Dit sou oorweldigend wees, maar die ergste van alles, sy sal ons nie wil ken nie, want sy ken net daai ma en pa. Hulle was goed vir haar, het alles vir haar gedoen en sy verstaan nou nie waaroor alles gaan nie. Sy verlang nou na haar “ma” en haar pa bly haar pa. Want sy het net vir hulle geken.

Ek voel jammer vir almal van hulle. Maar haar steelma het nie reg gedoen nie. Sy het ’n mens gesteel en baie hartseer veroorsaak – veral 19 jaar nadat sy gesteel het. En nou kom sy en vertel nog die een leuen na die ander een. En soek ’n pad uit haar gemors uit. Ek weet nie wat haar vonnis gaan wees nie, maar sy gaan nie ligtelik afkom nie.

Vir al die jare se verwyt wat mevrou Nurse gehad het, gaan sy verwyt hê oor wat sy gedoen het. En sy gaan voel hoe dit voel om vir lank te sit met niks nie, met mense wat jou verwyt en ’n kind wie se lewe nou so deurmekaar is dat sy nie weet of jy haar ma is of nie.

Ek hoop die kind kry berading. En dalk is dit goed dat sy in matriek is. Sy kan aangaan met haar eie lewe. Sy hoef nie by haar regte ma of pa te gaan bly nie, maar ek hoop sy leer hulle ken. En ek hoop sy besef haar steelma het nie reg gedoen nie en alles wat nou met haar gebeur, is haar steelma se skuld.

Meer oor:  Zephany Nurse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.