Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zille nog altyd nie-rassig en eerlik

Dit gaan werklik my verstand te bowe dat so baie DA-lede nou so teen Helen Zille te velde trek! Athol Trollip praat van “daar’s ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan”. Tabane skryf Vrydag in sy rubriek dat die “ou” DA weer sy verskyning gemaak het. Baie voel Zille is uitgedien. Dat sy verkeerd was om terug te kom.

Maar is die “nuwe” DA, soos verteenwoordig was deur Maimane en Mashaba, die DA wat ons wil hê? Is dit ooreenkomstig die waardes wat al ons DA-lede onderskryf? Kan ’n mens maar ter wille van pragmatisme ’n bietjie rasgebaseerde reëls inbring in ’n nie-rassige party? Kan ons maar tenders vir die EFF maklik maak, terwyl ons vir ’n skoon regering veg? Kan ’n mens maar ’n bietjie lieg as ’n mens hoog opgee dat jy altyd die waarheid praat net om “nuut” en pragmaties te wees?

Zille is konsekwent. As daar ’n politikus is wat totaal nie-rassig is, is dit sy. Sy was gister nie-rassig, het geglo in ’n gelyke speelveld vir almal, in die vryheid van die individu, en sy is dit vandag nog. Wat is uitgedien daaraan? Ek ondersteun haar met my hele hart en ek wens haar al die wys­heid en sterkte toe in hierdie politieke gemors!

Meer oor:  Helen Zille  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.