Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zimbabwe bring grond-angs

Met die lees van die artikel van Willie Spies (13.12) in Beeld oor die historiese sege vir boere van Zimbabwe, wil ek ys oor grondonteiening sonder vergoeding, wat vorentoe maar ook ander bates kan insluit.

Veral noudat die eerste skote in die parlement geklap het oor hierdie grondkwessie. En AfriForum nie in die hof kon slaag om die deursigtigheid van die voorafkonsul­tasieproses bevraagteken te kry nie. Dit was volgens die hof nie “dringend” nie.

Wil ’n mens die vraag vra: Gaan dit nie dieselfde pad loop as die Zimbabwe-boere nie? Kan ’n mens nog enigsins vertrou op deursigtigheid en regspraak in die howe?

Al hoe ek die saak sien, is dat dit ’n spanningsvolle tydperk gaan wees vir diegene wat ’n eiendom besit. Tensy daar ’n ommekeer kom van wyse denkers en besluite om die proses vroegtydig in die kiem te smoor. Dan kan hier, in dié pragtige, mooi land van ons nie ’n Zimbabwe ontstaan nie.

Meer oor:  Zimbabwe  |  Briewe  |  Mystem  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.